Indien jy jou 4×4 beter wil benut, kyk gerus na die kursus.
Alles vir Vrydag 30 Junie 2017
Skote klap in Standerton toe groep rowers toeslaan
ʼn Boer is in die gesig geskiet, ʼn veiligheidsbeampte is gewond, twee polisiebeamptes is in ʼn motorongeluk beseer en vyf verdagte is deur die polisie vasgetrek.
Man gevonnis vir 86-jarige se wurgmoord
Daphne Higgins se liggaam is op 15 Mei 2015 in haar huis in Bellville gevind. Sy het bloed aan haar kop en gesig gehad en haar hande was met ʼn pers trui agter haar rug vasgebind.
VSA kan net verder verloor in Afghanistan
Meer as 15 jaar nadat die VSA op 7 Oktober 2001 besluit het om Afganistan binne te val en die Taliban, wat op daardie stadium dié land met ’n ystervuis beheer het, te onttroon, lyk die kanse op stabiliteit en vrede in dié land des te meer onwaarskynlik.
Rus sag Suna: Die stryd is nie verby
Saam sou ons die wêreld verander. En Suna, dít het jy beslis gedoen.
Plaas onderwys eerste en transformeer só die ekonomie
Radikale ekonomiese transformasie, soos dit tans beskou en uitgespel word, sal faal om presies dieselfde rede as beleidstellings van regstellende aksie: ʼn fokus op uitsette (grond, verkrygingstransaksies) in plaas van insette (onderwys), wat dan lei tot ʼn klein aantal begunstigdes.
Hoe meer ekstra wiskundeklasse jy kry, hoe swakker is jou punte
SOS stel by Suid-Afrika se grootste Afrikaanse onderwyskongres ʼn verslag bekend wat daarop dui dat leerders se prestasie in die klaskamer self bepaal word en dat hul benadering tot wiskunde korreleer met die mate van hul prestasie.
Nuuskommentaar: Zuma se utopiese nie-rassige ANC-prentjie ver van sy eie werklikheid
Pres. Jacob Zuma het gisteraand, op die vooraand van die ANC se beleidskonferensie, beloof dat die ANC van Suid-Afrika ’n nie-rassige en nie-seksistiese land sal maak. Sy eie woorde en dade veral in die laaste deel van sy ANC-presidentskap weerspreek egter dié onderneming.
Wat gebeur as juffrouens Anna en Katie doodgemaak word?
Juffrou Anna en juffrou Katie, ons het julle nou nodig. Julle moet voluit leef. Julle moet juis nou ʼn kragtige, vormende invloed op ons kinders hê. Dankie vir julle almal wat op ons almal ʼn wonderlike invloed gehad het en steeds op ons kinders moet en gaan hê. Julle meen dalk wat julle doen is net gering, maar oor julle word stories vertel.
‘Geen aansoek’ om straat na Coligny-seun te vernoem
Hy het in sy brief gesê die jong mense van Coligny en Ditsobotla sal hom ondersteun in sy aansoek om Voortrekkerstraat se naam te verander “ter nagedagtenis van die gevalle seun van die land”.
[Resep] Biltong-en-kaasmuffins
Dit is nou vakansie! Pak hierdie muffins in jou piekniekmandjie vir ʼn gesinsuitstappie.
[Foto’s] Gauteng-premier se kantoor brand
“Die Johannesburgse brandweer en nooddienste is op die toneel.”
Seun gevonnis vir gru-moord op ma
Die 22-jarige Pieter le Roux van Vermaaklikheid is in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op sy ma.
Skryf in vir die Honda Quest True Adventure
Honda is op soek na die ware motorfietsavonturiers in Suider-Afrika.
ANC-veterane wil eie raadplegende konferensie hou
“Daar gaan altyd diegene wees wat ontken daar is ʼn krisis. Dit word gedoen met die hoop dat indien jy ʼn leuen genoeg kere herhaal, dit vir die waarheid aangesien sal word.”
Leeus kan weer hul wonde lek
Wanneer ʼn rugbyspan met die rug teen die muur is, moet hy na homself in die spieël kyk.
Vandag se sportnuus
Die Britse en Ierse Leeus se toer deur Nieu-Seeland staan einde se kant toe. Saterdag speel hulle in Wellington in die tweede en bepalende toets teen die All Blacks.
Man pleit ná verkeersbeampte se skietdood
Die Delmas-hooggeregshof het Donderdag uitspraak gelewer in die moordsaak van ʼn verkeersbeampte van Standerton in Mpumalanga wat doodgeskiet is terwyl hy aan diens was.
Sportheld se pienkvoet gebore
“Ons grootste seëning nóg het as ʼn klein pakkie gekom. So ongelooflik dankbaar.”
Tekenprent: Godsdiens in skole
Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag uitspraak gelewer in die saak oor godsdiens in skole. Die hof het beslis dat godsdiens wel in skole beoefen mag word, maar dat ʼn skool nie ʼn enkele godsdiens mag bevorder nie.