Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, neem dié week vir ʼn paar dae die leisels as minister van polisie oor.
Alles vir Maandag 3 Julie 2017
Menseregte tot die derde mag
Die vraag bly, hoe reageer minderheidsgemeenskappe op die maklike uitweg wat meerderheidsregerings voorstaan? Vir Afrikaners word kollektiewe en gekoördineerde optrede al hoe dringender.
Radiostasie ‘ontdek’ Annie Lennox, sê sy het ‘potensiaal’
“Ek soek gereeld kunstenaars wat ek dink potensiaal het, en speel dan hulle liedjies op ons stasie. As jy wil, kan jy sommer die MP3 van jou jongste enkelsnit vir my stuur. Ek sal dit dan aan ons programregisseur stuur om te hoor of hy belangstel om dit oor die radio te speel.”
Spraakvryheid: Kultuur kan gʼn heilige koei word
Almal is geregtig op hul mening en ook die gevolge wat daaruit voortspruit, soos onder meer kritiek of selfs aantygings van rassisme en boikotte. Die Antwoord is nie my soort musiek of groep nie en hulle sal waarskynlik grappe en uitbeeldings van my maak as hulle my al ontmoet het, maar ek gun hulle hul spraakvryheid al gee hulle my soms aanstoot.
Wie moet pa staan?
Hier gaan ons alweer … en ek verwys nie na die televisieprogram met dieselfde naam nie, maar na die Superrugbyreeks.
Gewelddadige betogings woed voort in Houtbaai
Vensters is stukkend geslaan, voertuie is met klippe bestook, verkeerstekens is beskadig en aan die brand gesteek en polisiebeamptes is aangeval.
Student steeds in waakeenheid: ‘Ons vat dit dag vir dag’
“Ons bly net bid en glo en vertrou dat die Here hom sal gesond maak.”
Klagtes kom oor geld vir Gupta-troue
Daar is einde verlede week onthul dat die Guptas glo miljoene rande gekry het van die Vrystaatse regering se suiwelprojek in Vrede.
Die geloof in ongeloof is ʼn bygeloof
Die groep wat Christelike skole vervolg, is deel van ʼn liberale stroming in die Weste wat ʼn grondliggende denkfout oor geloof maak, sê Flip Buys.
[Resep] Pasta á la lekker
Bederf vanaand jou ma met dié heerlike pasta.
Twee vas oor renosterhoring
Lede van ʼn nasionale taakspan wat saamgestel is om renosterstropery te beveg, was die hele nag op soek na die verdagtes se voertuig nadat hulle inligting daaroor ontvang het.
Verbruikersrubriek: Alles wat jy wil weet oor kredietburo’s
Die meeste verbruikers stel eers vas dat hulle “geswartlys” is wanneer hul aansoeke om krediet geweier word. Min verbruikers weet ook hoe hierdie “swartlys” werk en baie meen kredietburo’s wat hul kredietgedrag dophou, skend hul privaatheid. Ina Opperman verduidelik hoe kredietburo’s werk en hoe verbruikers geraak word.
Plaasbestuurder se raaiseldood ondersoek
Volgens die polisie het werkers op die plaas gaan ondersoek instel nadat die plaasbestuurder nie vir werk opgedaag het nie, waarna hulle op sy liggaam afgekom het.
Nuuskommentaar: BLF se joernalistelys: Skandvlek of ererol?
Dui die storie agter die storie van die BLF daarop dat Suid-Afrika nie net gekaap is nie, maar in ’n Mafiastaat in Tamatiestraat ontaard het?
Vandag se sportnuus
Loer hier na die naweek se uitslae in die Superrugbyreeks.
Ses dood, talle beseer in gru-botsing op N8
“Die hele een kant van die bus was oopgeruk.”
Lesersbrief: Ons tyd is veels te kort
Te kort, te kort is hierdie voorreg van lewe, want as jy sterk is, haal jy dalk sewentig en baie sterk tagtig, maar dit is maar ʼn asemteug, net ʼn wyle wat ons hier vertoef. Daarom moet ons hoop en glo, anderkant ons aardse verblyf, is daar ʼn lewe. Dit is immers God se boodskap aan ons.
Voertuie rol van pad af ná botsing; drie dood
“Verskeie insittendes is uit die voertuig geslinger. Een van hulle was ʼn kleuter van ongeveer twee jaar oud.”
Skote klap toe rowers op lughawe toeslaan
ʼn Vermeende rower is doodgeskiet en nog een in hegtenis geneem nadat ʼn groep gewapende rowers op die lugvragafdeling by die Internasionale Lughawe OR Tambo toegeslaan het.
Skermswewer val na sy dood
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Sondag in Centurion dood toe ʼn skermsweef-poging skeefgeloop het.