Die Wimbledonse Tenniskampioenskap vir 2017 het gister afgeskop.
Alles vir Dinsdag 4 Julie 2017
Vrou sterf toe ouetehuis brand
ʼn Inwoner van ʼn aftree-oord in Wellington in die Wes-Kaap is dood nadat ʼn brand Dinsdag in die vroeë oggendure by die oord ontstaan het.
[Resep] Tuna-en-bonehutspot
ʼn Vinnige en geurige tuna-en-bonehutspot is die ideale gereg vir ʼn koue wintersaand in die middel van die week.
Skote klap tydens transitorooftog
“Die beamptes het gehoor hoe ʼn vuurwapen oorgehaal word en toe besef hulle word aangeval.”
DA dien hofdokumente in oor 783 Zuma-aanklagte
“Dit is van uiterste openbare belang dat mnr. Zuma teregstaan op die 783 aanklagte van bedrog, korrupsie, rampokkery en geldwassery waarvan hy beskuldig word.”
Die volle sirkel van swart ekonomiese bemagtiging
Dit beteken swart ekonomiese bemagtiging is terug waar dit meer as 20 jaar gelede was. Dit baat net ʼn handjievol sakelui en politici met goeie konneksies.
Man sterf toe vullishouer hom vaspen
“Die man het ernstige beserings opgedoen en het reeds voor paramedici se aankoms op die toneel aan sy beserings beswyk.”
Uitstekende onderwysers vir die grondslagfase is onontbeerlik
As jy ‘n sinvolle bydrae wil lewer ten opsigte van die opvoeding van ons land se jong kinders, en vir so baie kinders uit gebroke huise ʼn verskil wil maak, kan onderrig in die grondslagfase dalk net vir jou wees.
Gedagte vir die dag: Regtig?
Vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. (Filippense 4:8)