In plaas van tone en tande tel dié wintervakansie kan hoërskoolleerders eerder met hul talente woeker sodat Afrikaans.com jou kan help om ’n stappie nader te kom om jou drome waar te maak.
Alles vir Donderdag 6 Julie 2017
Swede soek rommel
In ’n wêreld wat besig is om onder sy eie gemors te versmoor, is Swede ’n helder lig wat skyn.
Twee lyke op plaas gevind
“Een van die liggame is onherkenbaar verbrand aangesien daar twee dae gelede ʼn veldbrand op die plaas was.”
BBRU-liga: QBR en Naka skok twee kampioene
Tussen Quins-Bobbies-rugby (QBR) en die Naka Bulle het hulle Saterdag met twee van die kampioene in die Blou Bulle-rugbyunie se Carlton-A-liga afgereken.
Polisie na betoging voor Cullinan-myn ontplooi
“Werkers wat nagskof gewerk het, was in die mynperseel vasgekeer en kon nie huis toe gaan nie.”
Volvo maak groot nuus oor sy toekoms bekend
Dié besluit deur die Sweedse motorreus Volvo word gesien as een van die grootste stappe nóg deur enige motorvervaardiger.
Resensie: Nie vir ma’s nie – ʼn kookboek vir pa’s en kinders
Ek het ʼn spesmaas dat hierdie prettige kookboek vir pa’s en kinders wel in die geheim deur ma’s gebruik gaan word, want dié versameling heerlike resepte word van maklik verkrygbare bestanddele gemaak. Enige groentjie in die kombuis sal gou leer dat kosmaak eintlik kinderspeletjies is.
Tuisfliek van die maand: Daar doer in die bosveld
Moet dus onder geen omstandighede dink dat “Daar Doer in die Bosveld” ʼn “outydse” film is wat by moderne rolprente afsteek nie. Dit het hart, maar ook respek vir sy karakters. Wys dit gerus vir die kleinspan sodat hulle kan sien waar ons vandaan kom, hoe ons ontwikkel het, maar beslis ook hoe ons komedies op ʼn hoogtepunt begin het.
Storm om Mej. SA se kop ná sy foto deel
Demi-Leigh Nel-Peters, die huidige mej. Suid-Afrika, word van rassisme beskuldig nadat ʼn foto wat sy tydens ʼn liefdadigheidsgeleentheid op Instagram gedeel het, ʼn storm ontketen het.
Leon van Nierop se resensie: Spider-Man: Homecoming
Ouers hoef nie die kinders by die IMAX-teater af te laai en iewers gaan eet terwyl die kleingoed fliek nie. Gaan gerus saam. Dit is vol woema, pret, plesier, humor, avonture en spesiale effekte… Lees Leon van Nierop se volledige resensie.
7 sterf in Jhb-brand: ‘Gebou moet gesloop word’
“Wettige- en onwettige immigrante wat na Johannesburg gekom het op soek na werk, bly uit desperaatheid in die geboue.”
Op reis deur Europa: Die pad na Amalfi
Bo-op die berg kyk ons terug oor Sorrento – ‘n pragtige stad wat teen die berg af lê tot teenaan die see. Die water is ligblou en ferriebote ry uit die hawe. Party is op pad Amalfi toe met toeriste, ander na die eiland Capri met sy heldergroen water waar jy met ‘n bootjie in grotte inry terwyl ‘n Italianer liefdesliedere sing…
[Resep] Skaapboud
Rina Hugo gee haar resep vir heerlike skaapboud
Vyf in hof ná Standerton-rooftog
Vyf mans het Woensdag in die Standerton-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof en poging tot moord ná hulle na bewering verlede week twee sigaretafleweringsvoertuie in Standerton in Mpumalanga beroof het.
Taalgebruik: alarm of wekker
Taaltoffie ondersoek die verskil in gebruik tussen “alarm” en “wekker”
AfriForum loods teenboelieveldtog – en jy kan help
Sowel slagoffers as die boelie self moet gehelp word. As ons dit van ’n jong ouderdom af kan stopsit sodat kinders bewus is van wat reg en wat verkeerd is, slaag ons in ons taak. Ons wil nie van die kinders toekomstige misdadigers maak nie, maar eerder toekomstige leiers wat sal opstaan vir wat reg is en só ’n verskil gaan maak.
1 dood, 5 beseer in verwoestende huisbrand
Een pasiënt is in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn privaat hospitaal in Johannesburg vervoer.
Nuuskommentaar: Ideologiese asemskep ná ANC-beleidskongres?
Behalwe vir enkele meer gerusstellende besluite by die pas afgelope ANC-beleidskongres, soos grondonteiening sonder vergoeding en die afwys van die term “witmonopoliekapitaal”, was daar min gerusstellend te put uit die verrigtinge.
Vandag se sportnuus
Atletiek Suid-Afrika se wêreldrekordhouer in die 400 m, Wayde van Niekerk, sal vanaand aan sy eerste 400 m-wedloop vir die seisoen deelneem. Hy sal in…
Is dit ʼn All Black-meesterskuif of ʼn brousel?
As jy goed genoeg is, is jy oud genoeg.