Die polisie in Auckland het een van die Britse en Ierse Leeus gearresteer ná ‘n voorval Sondag in die vroeë oggendure ná afloop van die derde toets tussen die Leeus en die All Blacks in dié stad.
Lees meerAlles vir Dinsdag 11 Julie 2017
NWK dra fondse by ná reeks plaasaanvalle in Noordwes
Dit volg na altesaam vyf landbouprodusente in die afgelope drie maande weens plaasaanvalle in Noordwes gesterf het.
Vier aangekeer oor renosterstropery
Vier verdagtes is gister en vandag deur die renoster-projekspan en die Nelspruit-honde-eenheid in Mpumalanga en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.
Slagoffer byt deel van verkragter se tong af
Die verdagte het Maandag vlugtig in die Reitz-landdroshof in die Vrystaat verskyn ná sy inhegtenisneming, net ʼn paar uur nadat hy die 38-jarige vrou glo aangeval het.
Valke veroordeel berigte oor senior lid betrokke by NVG-diefstal
Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Dinsdag berigte, dat een van sy senior beamptes betrokke was by ʼn inbraak by die Nasionale Vervolgingsgesag in Pretoria, verwerp.
Departement spandeer meer as R200 miljoen op regskoste
Die Oos-Kaapse departement het van 2014 tot dusver meer as R204 miljoen aan die kantoor van die staatsprokureur oorbetaal nadat slegs vier Medico-regseise gewen is.
Cravenweek o.13: net vier onoorwonne na die tweede dag
Daar is net vier onoorwonne spanne oor na die tweede dag van die o.13-Cravenweek by Grey Kollege in Bloemfontein nadat vyf van Maandag se wenners in die stof gebyt het.
Nzimande bevraagteken SA se status as ʼn staat
Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP, het Dinsdag die krisis in die ANC, staatskaping en korrupsie betreur en die vraag gevra of Suid-Afrika nog steeds ʼn funksionele staat is.
ToekomsVenster: Vermorste genade
Here, ons bely dat ons U onverdiende genade vanselfsprekend aanvaar het. Ons verdien nie om weer te vra nie, maar waar ons U genade vermors het, maak ons vry en sit ons voete op ’n nuwe pad.
[Foto’s] Bielie van ʼn baba verower harte
“Ek kon nie sien toe hulle haar uit die baarmoeder haal nie, die dokters het net gesê: ‘O my aarde, o my aarde. Ek dink nie daar is einde aan dié baba nie, is daar dan twee van hulle?’”
Die wêreld in foto’s – 11 Julie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Swys word hoofafrigter na Ackers se vertrek
Die vrees dat die Lions en Goue Leeus se hulpafrigter Swys de Bruin ook nuwe weivelde oorweeg en saam met Johan Ackermann vir die Leeus Rugby-maatskappy verlore sou wees, is Dinsdag besweer.
Vrou steek haarself glo aan die brand
ʼn Vrou is in ʼn kritieke toestand na ʼn Wes-Randse hospitaal geneem nadat sy haarself glo buite ʼn winkel in Randfontein aan die brand gesteek het.
Gru-vonds in verlate Jhb-huis
“Die plaaslike GPF het ons na die toneel ontbied.”
Parool ná gru-plaasmoord: ‘Hulle verdien dit nie’
John (78) en Bina (76) Cross is 17 jaar gelede wreed op hul plaas vermoor. Hul moordenaars kan moontlik binnekort op parool vrygelaat word. Die egpaar se dogter, wat die moordenaars ook al in die tronk besoek het, meen egter dit moet nie gebeur nie.
Soektog na Kruger-vier duur voort
Die soektog duur voort na vier jong leeumannetjies wat uit die Krugerwildtuin in Mpumalanga ontsnap het.
Vrou sterf ook ná man huis aan die brand steek
Haar dood bring die dodetal van dié tragiese voorval op drie te staan.
Hof sê oor verpleegster se plasing
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak gelewer rakende die departement van gesondheid se beweerde versuim om ʼn afgestudeerde verpleegster meer as ses maande nadat sy haar studie voltooi het, by ʼn hospitaal te plaas.
Dieretuin-staking: Stakers rand werkers aan
Sommige werkers wat die naweek te midde van die skoolvakansie op ʼn staking by die Pretoriase dieretuin gegaan het, het Maandag hul protesaksie voortgesit.
Nóg ʼn fetus in asblik gevind
Dié vonds kom slegs ure nadat ’n pasgebore babaseuntjie dood in ’n asblik buite ’n kompleks in Honeyguide-weg in Douglasdale, Fourways, gevind is.