Liefdadigheid of te nie, dit was ʼn genadelose stryd toe Meyerton en die Buffels van Grootvlei Saterdag op eersgenoemde se veld aanmekaar gespring het.
Alles vir Donderdag 13 Julie 2017
Betogers maak amok in Pretoria
Motoriste en inwoners van Pretoria word versoek om versigtig te wees weens betogers wat die strate van die stad ingevaar het.
Dieretuin-staking: Hof tree in
Die hof het sy stem dik gemaak teen sommige werkers wat die naweek te midde van die skoolvakansie op ʼn staking by die Nasionale Dieretuin in Pretoria gegaan het, om hulself in toom te hou.
Klagtes oor rassekwotas in netbal onder die loep
Amptelike klagtes teen rassekwotas en politieke inmenging in Suid-Afrikaanse netbal is by die Internasionale Netbalfederasie (INF) se hoofkantoor in Engeland ingedien.
’n Pa se botterbakkie
“Watter kaart of ster sal ek jou wys om veilig deur die grysland te reis,” vra DJ Opperman. Dalk is dit die verkeerde vraag. Miskien moet ons eerder vra: Waaraan gaan jou lewe eendag gemeet word? Aan sakke vol geld, grade teen die muur, groot prestasies, posisies of titels?
Dominee Sagrys sou vir die rylopers gebid het
Só gaan dit in hierdie “wye en droewe land”. Soms bly ons in een land maar leef in verskillende wêrelde. Soms praat ons by mekaar verby. Wat my egter die meeste pla, is dat ons by mekaar verby ry, al het ons redes daarvoor.
Gedagte vir die dag: Terug na die werklikheid
Wanneer mense roep om hulp, hoor die Here. Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle. Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die Here hom. Want die Here beskerm selfs elke been. Nie een van hulle sal gebreek word nie. (Psalm 34:18-2)