“Deel van die rouproses ná die dood van ’n kind is om ’n steen op sy graf te sit. Die treurende pappa en mamma van ’n krulkop lieflingseuntjie is egter die reg ontneem om dit te doen.”
Alles vir Vrydag 14 Julie 2017
Nasionale Gesondheidsversekering: SA het nie die ideale agtergrond
Dit help nie om die simptome te behandel nie – diagnoseer eers die siekte. Die land se gesondheidsprobleme het meer te make met gebrekkige opvoeding en voorligting as hospitalisasie.
‘Uitmergelendste wedloop ter wêreld’ pas afgehandel
Moontlik die uitmergelendste wedloop ter wêreld is dié week in die Kaliforniese Death Valley in die VSA beslis.
G20-beraad oorskadu deur ver-linkse geweld
Miskien die belangrikste nagevolg van die G20-beraad is ʼn dringend nodige debat oor ver-linkse geweld en terreur. Hamburg is tipies vir groot stede in Duitsland en ander Wes-Europese lande, waar ver-linkses nie net verdra word nie, maar selfs vertroetel word as deel van ʼn “alternatiewe stedelike kultuur”.
Doodskis-video: Twee vra weer borgtog
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29) word daarvan beskuldig dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het.
Tekenprent: Lig aan die einde van die tonnel?
Die tekenprentkunstenaar Jerm gee sy mening oor die gewelddadige protesaksies wat die week in Pretoria opgevlam het en wat dit vir die toekoms van die land voorspel.
‘Groot mylpaal’ vir Adam Tas
“Ek is altyd tevrede om in die Bosveld wakker te word, maar vandag selfs meer so. Baie dankie aan almal – dis ʼn groot mylpaal vir my.”
[Resep] Klapperys sonder sukkel
ʼn Lekker bederf vir die naweek!
Familie glo vermiste broer is ná dekades opgespoor
ʼn Man van Bloemfontein wat in Februarie 1986 spoorloos verdwyn het, is moontlik ná 31 jaar in Pretoria opgespoor.
Beyoncé het internet wéér op hol met foto van tweeling
Die sangeres se jongste foto is in ʼn skrapse twee uur al byna drie miljoen keer ge-“like”.
Geen Amerikaanse oorlog oor Noord-Korea
Oorlog in die Koreaanse skiereiland gaan nie plaasvind nie en hier is die redes:
Maak jou huisie-by-die-see-drome waar
Die Overbergse kusdorpie Onrusrivier, net ʼn klipgooi van Hermanus, het die afgelope paar jaar ʼn voorkeurbestemming vir vyftigplussers geword. Hierdie omgewing bied aan inwoners en vakansiegangers topklas wynlandgoedere, swemstrande, gholfbane, winkelsentrums, restaurante, ʼn Mediclinic-hospitaal en nog vele meer.
[Foto’s] TV-aanbieder kry die jawoord
“[Ek is] so gelukkig,” het die oud-Springbokspeler op sosiale media laat hoor.
Nuuskommentaar: Koning Zuma VIII
’n Mens staan werklik verstom oor wat een mens alles in sy leeftyd kan vermag, veral as in ag geneem word dat hy lank weens tronkstraf “uit sirkulasie” was, en ook die ANC in sy buitelandse strukture gedien het.
Myneweek: Harmony ook in eindstryd
Harmony het Donderdag sy plek in die eindstryd van die myneweek in die Griffons-stadion, Welkom, bespreek.
[Foto’s] Transitorowers in hof
ʼn Negende verdagte is tydens ʼn skietgeveg met die polisie noodlottig gewond.
Kruger-leeus van kant gemaak
Drie van die leeumannetjies wat Sondagaand uit die Krugerwildtuin in Mpumalanga ontsnap het, is van kant gemaak.
Is e-sigarette werklik die gesonder opsie?
Is daar klinkklare bewyse dat die rook van e-sigarette, of ‘vaping’, 95% veiliger is as die rook van gewone tabaksigarette? Africa Check het gaan ondersoek instel:
Vandag se sportnuus
Kyk hier vir die bepalings van die Superrugbyreeks se laaste groepwedstryde.
Superrugby: só sak die gordyn
Wanneer die eindfluitjie Vrydagaand in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth blaas in die Superrugby-wedstryd tussen die Southern Kings en die Cheetahs, sak die gordyn vir ʼn paar afrigters en spelers en word een van die mees omstrede hoofstukke in Suid-Afrikaanse rugby afgesluit.