Die ouers van die driejarige seuntjie wat Maandag glo met ʼn tuinslang afgespuit is in die snerpende winterkoue nadat hy sy broek bevuil het, wil graag met die rolspelers by die Rustenburgse kleuterskool vergader waar die voorval plaasgevind het.
Alles vir Woensdag 19 Julie 2017
SA spelers se kanse om Britse Ope-titel te wen lyk nie waffers nie
Die Britse koerante en gholfkenners verskil aansienlik oor wie van Donderdag af die Britse Ope op die Royal Birkdale sal wen, maar nie een van hulle noem eers die naam van enige van die nege Suid-Afrikaners wat sal afslaan nie.
‘ATKV is jou Afrikaanse kultuurtuiste’
Lesers het Dinsdag skerp gereageer op Maroela Media se berig oor die ATKV se nuwe strategiese fokus en die nuwe rigting wat die organisasie wil inslaan. Lees Deidre le Hanie, die nuwe besturende direkteur van die ATKV, se kommentaar op lesers se navrae en kommentaar:
Reddingspanne ‘sal nie ophou soek’ na vermiste vissermanne
Pres. Jacob Zuma het Woensdag gesê reddingswerkers sal nie ophou soek totdat die agt vissermanne, wat vermis word nadat hul boot Sondag in die see naby Kaap St. Francis in die Oos-Kaap omgeslaan het, gevind word nie.
Losgeknoop
“Hoekom wil jy dit nou gaan doen?” het ’n goeie vriendin my laasweek gevra. “Ek glo nie in hartseer eindes nie,” was my antwoord. “En ek glo ook ’n mens moet ’n paadjie enduit stap.”
Quade Cooper se toetsdoppie dalk geklink
Ek wonder hoe Quade Cooper in ʼn Nieu-Seelandse rugbytrui sou vaar.
Bell Pottinger voor dissiplinêre verhoor geroep
Die DA het Dinsdag bevestig dat die omstrede Britse skakelmaatskappy Bell Pottinger in Augustus voor ʼn dissiplinêre verhoor moet verskyn om te antwoord op dié party se klagtes dat die maatskappy rassespanning in Suid-Afrika aangewakker het.
Tugstappe kom teen ANC-LP oor Zuma-uitlating
“Haar openbare streke en deelname aan ʼn platform wat bedoel is om die samelewingsleierskaprol van die ANC te vervang, kom neer op blatante verraad van die kernwaardes van die ANC.”
Braai-inspirasie met Jan Braai
Steek solank jou vuurtjie aan, want Jan Braai is terug Jan Braai van Timbavati tot in België.
Vrou vas na ‘valse’ aantygings op Facebook
ʼn Jong vrou van Brackenfell in die Wes-Kaap is in die sop ná ʼn inskrywing wat sy Maandag op Facebook geplaas het. Die vrou het…
[Foto’s] Mercedes-Benz se eerste bakkie maak sy buiging
Die motorvervaardiger Mercedes-Benz het Dinsdagaand sy eerste bakkie – die X-klas – in Kaapstad bekend gestel, en dié voertuig is onmiskenbaar getrou aan sy handelsmerk.
Vermiste egpaar se lyke ná 70 jaar in ys gevind
Die liggame het naby mekaar gelê. Dit was ʼn man en vrou wat klere uit die tydperk van die Tweede Wêreldoorlog aangehad het. Die egpaar se dogter sê sy, haar boeties en sussie kan nou eindelik vir hulle ʼn begrafnis hou.
[Resep] Melkkos
Wat is dan beter as dít op ʼn koue wintersdag?
Gedig: Röntgenfoto
Elisabeth Eybers se gedig, “Röntgenfoto”
Gekanselleerde troue word toe partytjie vir haweloses
ʼn Vrou wie se troue gekanselleer is, het ʼn plan beraam om seker te maak dat die geld wat sy daaraan spandeer het, nie verkwis word nie.
Vermoorde Wellington-sakeman vandag gegroet
“My beste vriend en lewensmaat. Ek is stukkend gebreek.”
Nuuskommentaar: Wat bly oor ná kernoorlog?
Dit lyk aan die hand van verskeie gebeure in verskillende lande of die wêreld nog ’n geruime tyd onder die wolk van kernwapens sal moet leef, en leer om daarmee saam te leef.
Zuma-vleuel in die ANC toets water met uitsprake
Die ANC staan die gevaar om die pad te stap wat álle populistiese bewegings wêreldwyd loop, altans dié wat ’n bewind oorgeneem het. Leopold Scholtz kyk vlugtig na ’n paar, want dit kan Suid-Afrika se eie situasie verhelder.
10111-personeel begin staak
Operateurs by die polisie se 10111-nooddiensoproepsentrum het Woensdag met ʼn beskermde staking begin.
Ma, seun weer geopereer ná huisbrand
“Wynandt is bitter onrustig en deurmekaar. Hy probeer opstaan en loop. Soms reageer hy as ek met hom praat en ander tye raak hy weer aan die slaap.”