Die pedofiel Andries Petrus Retief (37) het skuldig gepleit op 2 130 aanklagte. Hy het jong kinders na ʼn plaas gelok met die oog daarop om pornografiese foto’s en video’s van hulle te neem.
Lees meerAlles vir Vrydag 21 Julie 2017
Graça Machel dreig met regstappe oor Mandela-boek
Maroela Media het vroeër berig Mandela’s Last Years werp lig op kwessies van sy laaste jare, soos sy gesondheid en gebeure gedurende die maande voor sy dood.
Weldoeners maak harte en beursies oop vir klein Juandré
Die eerste operasie kan nou op 2 Augustus plaasvind, sodat al die kanker verwyder kan word voor dit na die brein en die res van die liggaam versprei.
Bejaarde vrou aangerand, beroof
“Hy het haar met toue vasgebind en verskeie kere in haar gesig geslaan.”
ToekomsVenster: Feesviering by nuwe tafels
Here, help ons om “ja” te sê wanneer U ons uitnooi na U feesmaal. Help ons om nuwe plekke te maak aan ons tafels; om nuwe tafels te skep as die ou tafels nie werk nie. Keer ons tafels om as dit moet. Word U die Gasheer!
Drie verkeersbeamptes vas vir korrupsie
Drie beamptes van die Gautengse verkeerspolisie is Vrydagoggend vir korrupsie in hegtenis geneem.
Vrou wat haarself aan brand steek vertel van dáái dag
“Dis was nog nie my tyd gewees nie. Ek sal nooit weer my eie lewe probeer neem nie; die Here het ‘n doel vir my op aarde.”
Die wêreld in foto’s – 21 Julie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Boer met tuinvurk gesteek
ʼn Boer van die Theunissen-distrik in die Vrystaat is Donderdag tydens ʼn aanval op sy plaas vier keer met vermoedelik ʼn tuinvurk in sy gesig en rug gesteek.
Hurricanes wag op Lions of Sharks
ʼn Mens kan nooit ʼn Nieu-Seelandse rugbyspan onderskat of afskryf nie, selfs al moet hy na Suid-Afrika vir ʼn uitspeelwedstryd reis, maar daar is krake in die Hurricanes se mondering wat aanstaande Saterdag deur òf die Lions òf Sharks uitgebuit kan word.
Khoza: ‘Ek sal nie in stilte sterf nie’
ANC-LP Makhosi Khoza sê indien die doodsdreigemente wat sy tans ontvang wel tot haar dood lei, sy nie in stilte sal sterf nie.
SA chenin kan Amerikaners se aandag trek
Internasionale wynkenner se raad aan plaaslike wynmakers: “In plaas daarvan om daarop aanspraak te maak dat julle alles kan doen, sou dit beter wees om die klem te laat val op dit wat julle die beste doen”.
Seun met tuinslang gespuit: Ouers en skool vergader
“In ʼn stadium wou ons weet of hulle dit met hul eie kinders sou doen waarop die juffrou geantwoord het, nee sy sou nie,” het die pa gesê.
eTV groet ‘rowwe manne’ ná 16 jaar
“Nadat ons na die hernuwingsmoontlikhede in die kontrak gekyk het, het ons besluit om voortaan eerder te fokus op vermaakprogramme wat die laaste 12 maande begin wys het.”
Redakteursbrief: Gemeenskapsradiostasies berig van ágter die vlamme
“Tussen sessies oor programsamestelling, radiobemarking, personeelbestuur, radio-etiket en tegniese uitdagings by gemeenskapsradiostasies kúier ons. Dis mos iets wat die Kapenaars, en veral die plattelanders, goed kan doen…”
Help Afrikaanse jongmense om hul volle vermoë te verwesenlik
Die omvangryke krisis in die land se swart onderwys is welbekend. Daarteenoor bedek die uitnemende prestasie van Afrikaanse skole soms die verskuilde onderrigprobleme in die Afrikaanse gemeenskap.
Tel jou woorde: Taalbybel is 100 jaar jonk
Die splinternuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls is pas op die rakke. Dié boek verskyn hierdie jaar, 100 jaar ná die eerste kopie daarvan die lig gesien het.
Tekenprent: Repokoers verlaag, maar…
Die tekenprentkunstenaar Jerm gee sy mening nadat die Reserwebank Donderdag aangekondig het die repokoers word met 25 basispunte verlaag tot 6,75%.
Beeste help dalk met MIV-entstof
“In teenstelling met menslike teenliggaampies, is die teenliggaampies van beeste meer geneig om unieke eienskappe te hê wat dié virus heeltemal oneffektief kan maak.”
Papegaai sou ‘getuig’ in moordsaak
ʼn Vrou is skuldig bevind op aanklag van moord nadat sy haar man voor sy papegaai doodgeskiet het.