Jordan Spieth het Sondagmiddag op die Royal Birkdale-baan die Britse Ope vir die eerste keer gewen ná een van die mees dramatiese eindpogings in die geskiedenis van die roemryke toernooi.
Lees meerAlles vir Sondag 23 Julie 2017
Brit wen Tour de France ‘n vierde keer
“Dit was die mees uitdagende toer nog. Ek wil hulde bring aan al die ryers vir hul sportmangees. Ons het hard saam gery en saam swaargekry.”
Curriebeker: Pumas spring goed weg op tuisveld
Die Pumas hét toe Sondagmiddag in Nelspruit hulle Curriebekerveldtog met ʼn oorwinning oor die Goue Leeus afgeskop.
KZNRU se Goue Bekerspan dramaties aangewys
Die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se Moorbekerwenner en Goue Beker-deelnemer is Saterdag op dramatiese wyse aangewys toe die verdedigende kampioen, College Rovers, in die laaste rondomtalie-wedstryd slae gekry het.
Vodacom waarsku oor nóg ʼn slenter
Vodacom het verbruikers gewaarsku om versigtig te wees vir nóg ʼn slenter wat opgeduik het.
[Foto] Kar ploeg in eetplek in
Verskeie mense, waaronder twee swanger vroue, het Saterdagaand ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn motor in ʼn eetplek waar hulle was ingeploeg het.
Vrystaat-titel uit gunsteling se hande gegaps
Daar word die Vrystaatse Plattelandse titel toe enkele minute voor die eindfuitjie uit die gunsteling se hande gegaps.
Vanjaar se topdrie-Boerewors-makers is…
Vanjaar se topdrie-finaliste in die Championship Boerewors-kompetisie is die naweek aangewys.
Boot op sleepwa tref jong man op land
ʼn Man in sy 20’s is Sondag beseer toe hy deur ʼn wegholsleepwa met ʼn boot daarop langs ʼn pad in die Wes-Kaap getref is.
Inbrekers dra Pta-huis leeg, vlug in twee Porsches
Twee peperduur Porsches is Saterdag in Montanapark in Pretoria tydens ʼn huisbraak gesteel.
Namibië se aanspraakmaker op Goue Beker bepaal
Die span is Saterdag bepaal wat die Namibiese Rugbyunie (NRU) in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale oopklubreeks om die Goue Beker (GB) sal verteenwoordig.
Jong man jaag woes met splinternuwe kar
ʼn Jong man is Sondag tussen Pretoria en Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy erg met ʼn splinternuwe Ford Focus RS op die R21-snelweg gejaag het.
Sleutelstryd wag op Namibië, Kenia in Windhoek
Die stryd om Rugby Afrika se Goue Beker word Saterdag in Windhoek tussen Namibië en Kenia beslis, nadat albei spanne die afgelope Saterdag hul wegbotsings in die reeks gewen het.
Talle gered ná Harties-kabelkarre gaan staan
Meer as ʼn 100 mense is almal ongedeerd nadat die kabelkarretjiestelsel by Hartbeespoort in Noordwes Saterdag gaan staan het en ’n reusereddingspoging tot volg gehad het.
Drie sterf toe voertuig rol
‘Die sportnutsvoertuig het ’n hele ent onderkant die wal gelê, met vyf mense verspreid om die voertuig.’
Vrystaat wen ver; Bulle, Griekwas vermaak; en Pumas wag vir Leeus
Die Vrystaat Cheetahs, 2016 se Curriebekerkampioen, loop breëbors nadat hy die verdediging van sy titel met ʼn yslike oorwinning van 47-12 oor die Sharks afgeskop het, en die Blou Bulle het Griekwas in ʼn drieëfees met 51-45 geklop.
MTN waarsku teen slenter
MTN het ʼn waarskuwing gerig om versigtig te wees vir ʼn slenter wat die ronde doen.
Man sterf ná woonstelbrand
“Paramedici het die man steeds lewend langs sy bed in ‘n kritieke toestand gevind.”
Ramaphosa se segsman sterf
Adjunkpres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Ronnie Mamoepa, is Saterdagaand dood.
Halfeindstryd: het die Lions ʼn kans ná Saterdag?
Só sal die Lions nie die Superrugbyreeks wen nie.