ʼn Eis dat Suid-Afrika uit die Superrugbyreeks gegooi moet word, gepaard met ʼn dreigement as dit nie gebeur nie, is Sondag deur die grootbaas van die Australiese Rugbyspelersvereniging (Rupa) tot Nieu-Seeland gerig.
Lees meerAlles vir Saterdag 29 Julie 2017
Namibië beklink Goue Afrikabeker en RWB-plek
Namibië het Saterdag in Windhoek seker gemaak van sy plek in die volgende Wêreldbekertoernooi in Japan deur Rugby Afrika se Goue Beker in te palm.
Bavuma skop vas; en reën kan SA nog red
Die Proteas se laaste twee paaltjies is Saterdag op nóg ʼn reëndag nie sommer weggegooi soos tydens die kolf fiasko Vrydag toe Suid-Afrika op 61/7 gewankel het nie.
Leeus en Griekwas vermaak; Sharks en Pumas verveel
Die tweede ronde van die Curriebekerreeks het Saterdag op Ellispark lekker hardlooprugby in die riller tussen die Goue leeus en Griekwas, opgelewer, en die Sharks en die Pumas het op Kingspark deur 80 minute geploeter.
Motorfietsongeluk lei tot nóg 2
Drie motorfietsryers is Saterdag beseer toe een van die mans beheer oor sy motorfiets verloor het wat daartoe gelei het dat twee ander mans óók beheer oor hul fietse verloor het.
Twee dood, talle beseer in stormloop by ENB-stadion
Minstens twee mense is dood en talle ernstig beseer in ʼn stormloop Saterdagmiddag in die ENB-stadion buite Johannesburg.
Jhb man veg om lewe toe motor hom tref
“Die man was in ʼn kritieke toestand as gevolg van die veelvuldige beserings wat hy opgedoen het – insluitend ʼn baie erge kopwond.”
Ackers kry sy afskeid op Ellispark
Ackers kry sy afskeid op Ellispark … en sy rustydpraatjie Saterdag in die halfeind teen die Hurricanes het die ietwat bek-af Lions na rustyd na ʼn ander span laat lyk.
[Foto’s] Blinde terapiehond verower harte
“Vandat sy haar sig verloor het, is dit amper asof sy ʼn nuwe hond is. Sy is weer soos ʼn babahondjie – speels en vriendelik, en sy lewe vir haar ‘werk’.”
Man skiet eers dokter, toe homself ná uitval oor voorskrif
ʼn 48-jarige man het vandeesweek sy eie lewe geneem minute nadat hy ʼn dokter doodgeskiet het toe hy glo nie aan sy vrou ʼn voorskrif vir pynmedikasie wou gee nie.
PE man skiet 2 dood, wond 3 voor hy wegjaag
ʼn Groep mense het glo staan en kuier toe ʼn bakkie hulle genader het. Volgens die polisie het die passasier sy ruit afgedraai en op die groep losgebrand voordat die bestuurder van die bakkie weggejaag het.
Een uur later skryf man Ferrari af
ʼn Man het sy peperduur splinternuwe Ferrari 430 Scuderia afgeskryf – een uur nadat hy met dié motor by die handelaar se lokaal uitgery het.
Vier vas ná nóg ʼn voorval by OR Tambo
Nóg ʼn voorval het Vrydagnag by die OR Tambo Internasionale Lughawe plaasgevind – dit ná die Amerikaanse ambassade burgers Vrydag teen die lughawe gewaarsku het, en Fikile Mbalula ʼn veiligheidsplan vir die toekoms aangekondig het.
MRK is ʼn ‘lae hond’, sê Zuma se seun
Edward Zuma, seun van pres. Jacob Zuma, het na die Menseregtekommissie (MRK) gekap nadat dié organisasie onderneem het om hom te vervolg oor rassistiese aanmerkings wat hy in ʼn ope brief gemaak het.
Crusaders wéér in Superrugby-eindstryd
ʼn Mens kan met die bal hardloop, hardloop en hardloop, maar wanneer jy nie drieë druk of punte teen die Crusaders aanteken nie, kan jy maar daarvan vergeet om te wen.
SA meisie gered van mensehandel ná lokval
Die Suid-Afrikaanse polisiediens het ʼn dringende waarskuwing uitgereik nadat ʼn Suid-Afrikaanse meisie uit die greep van mensehandel gered is. Die SAPD het gesê “veral jong vroue” moet dié waarskuwing as belangrik ag.
Pasgebore baba in plastieksak by universiteit gevind
“Toe die hond die plastieksak uit die asblik lig het die veiligheidswag die liggaampie gesien. Hy het ondersoek ingestel, en gesien dis ʼn pasgebore baba.”
Skrywer van ‘rassistiese’ MiWay-e-pos bekend
“Ek vra om verskoning vir my dade. Ek het impulsief en onverantwoordelik opgetree en nooit gedink dat die voorval so handuit kon ruk nie. Ek het geleer hoe gevaarlik sosiale media kan wees as dit misbruik word, veral in Suid-Afrika.”
Motoriste gaan meer moet opdok vir brandstof
Die departement van energie het weer ʼn skerp brandstofverhoging vir Augustus aangekondig.
Tekenprent: Maroela blaas op 6 in ander media se nekke
Ná net ses jaar in die Suid-Afrikaanse media is Maroela Media die enigste Afrikaanse nuuswebwerf op die top 10 nuuswebwerwe in die land, en ‘n kortkop agter ander nasionale Engelse nuusreuse. Veels geluk met jou 6de verjaardag, Maroela!