Om bietjie uit die boks te dink is ʼn baie goeie hupstoot vir jou kreatiwiteit, en optiese illusies is ʼn goeie begin!
Alles vir Maandag 31 Julie 2017
Vermiste meisie (5) se liggaam gevind; twee vas
“Die SAPD-bestuur in die Wes-Kaap is baie bekommerd en ontsteld oor die grusame moorde op kinders in die provinsie.”
[Video] Nog net een dag om te ‘protesteer’ in Afrikaans
Borrel Afrikaans deur jou are? Slaap jy met die Afrikaanse woordeboek onder jou kussing? Dan is die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Internasionale Afrikaans-Ekspo – ʼn skryfkompetisie vir graad 6- tot 12-leerders – nét die regte platform vir jou.
Agri Wes-Kaap: Landbou moet sy waterdeel kry om ramp te voorkom
Die droogte in die Wes-Kaap neem kritieke afmetings aan, nie net vir die stad Kaapstad nie, maar die landbou is ook diep in die knyp.
Kan die geskiedenis hom herhaal?
Die verwagtinge was in 1993 maar laag dat ʼn Suid-Afrikaanse rugbyspan die eerste Super10-reeks sou wen
Vrou sterf, seun (17) kritiek ná voertuig rol
ʼn Vrou is dood en ʼn man en twee kinders beseer nadat ʼn voertuig Maandagoggend op die R509 buite Rustenburg in Noordwes gerol het.
Woord van die week: bakvissie
Die woord van die week is “bakvissie”
Man verdwyn ná hy werkers aflaai
ʼn Man van Brackenfell in die Wes-Kaap word vermis nadat hy Vrydagaand by sy huis weg is.
SA slagoffer van mensehandel terug op eie bodem
Die meisie was onder die indruk dat sy aan die “Miss United Countries”-skoonheidskompetisie gaan deelneem.
Nuuskommentaar: Watter Zuma het nou die meeste aangejaag?
Dit kos uithaal en wys om pres. Jacob Zuma as droogmaker na die kroon te steek, maar twee van sy seuns ding nou klaarblyklik mee om dit te vermag.
Oom Herrie se kerrie: Die donkie is ʼn wonderlike ding – amper soos ʼn boerbok
Eendag gaan iemand seker deur die land toer en al wat storie oor donkies is, vir ’n lekker lywige lekkerleesboek opteken… skryf oom Herrie.
Dié mans soek ná tieners beroof is
Vier verdagtes word deur polisie in die Vrystaat gesoek nadat tieners in twee afsonderlike voorvalle met messe van hul besittings beroof is.
Boston-huisbrand: ‘My kind gaan deur hel’
Wynandt Vermaak, die 14-jarige seun van Boston in die Wes-Kaap wat vroeër vandeesmaand erge brandwonde in ʼn huisbrand opgedoen het, kry emosioneel baie swaar waar hy steeds in die Melomed private hospitaal in Kaapstad behandel word.
Wanneer jy die stryd teen jouself verloor
Moira-Marie Kloppers het na aanleiding van Chester Bennington, hoofsanger van die groep Linkin Park, se selfmoord ʼn artikel geskryf wat ʼn bietjie uit ʼn ander hoek lig op die kwessie werp.
[Resep] Tunatert
Dié tunatert is maklik en vinnig, en jy kan dit sommer in een bak meng.
Miljoene vir studie in Afrikaans
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns stel vanjaar weer miljoene rande beskikbaar vir beurse aan nagraadse studente in enige vakdissipline.
Verbruikersrubriek: Hoe die Wet op Verbruikersbeskerming studente beskerm
Ina Opperman verduidelik wat jou regte is in terme van die wet wanneer jy aan ʼn opvoedkundige instelling studeer.
Vandag se sportnuus
Die Superrugbyreeks se twee halfeindstryde is afgehandel
Gesin ná kerk aangeval, man (70) koelbloedig vermoor
Vyf verdagtes het die man, sy vrou en sy dogter ná kerk agtervolg en die gesin in die huis oorval. Die verdagtes het hulle na bewering eers met toue vasgemaak en geld van hulle gevra.
112 van Wes-Kaap vas in een naweek
Een van die verdagtes, ʼn man, is onder meer in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 45-jarige man.