Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag ontken dat SAID-kommissaris Tom Moyane in Desember 2015 met lede van die Gupta-familie in Dubai vergader het.
Alles vir Vrydag 4 Augustus 2017
Vrou val van voertuig, beland voor motor
“Die insittendes van die motor was erg geskok, maar het geen beserings opgedoen nie.”
Tekenprent: Telkom
Talle Telkom-gebruikers wat sedert die begin van die week met stadige internetdiens én internetverbinding-probleme sukkel, het hulle vandeesweek tot sosiale media gewend om hul misnoeë oor dié internetdiensverskaffer se internetverbinding-probleme uit te spreek. Só sien die tekenprentkunstenaar Jerm die gebeure.
[Resep] Soetkoekies
Jou kombuis sal ruik soos gemmer, kaneel en naeltjies – soos in die ou dae!
‘Kapers’ vas ná trok deur muur jaag
Twee vermeende kapers is vandeesweek in hegtenis geneem nadat hulle beheer oor ʼn gekaapte vragmotor verloor en toe daarmee teen ʼn huis vasgejaag het.
Nuuskommentaar: Groot verantwoordelikheid van identiteitspolitiek
Identiteitspolitiek plaas egter ’n enorme verantwoordelikheid op daardie individue wat deel (wil) uitmaak van ’n bepaalde identiteit.
All Black van 1960-toer na SA sterf
ʼn Lid van die All Black-span wat in 1960 deur Suid-Afrika getoer het, is ná ’n lang stryd teen kanker in Nieu Seeland oorlede.
10111-staking voortgesit; ‘voorsorg getref’
“Ons waarsku mense om nie onnodige of fop-oproepe na die 10111-nommer te maak nie en ook om hulle daarvan te weerhou om die nommer te bel om te ‘toets’ of operateurs werk.”
Vandag se sportnuus
Môre is D-dag vir die 2017 Superrugbyreeks wanneer ʼn nuwe kampioen gekroon gaan word.
Jongste in SBW-debakel verras selfs Wêreldrugby
Selfs Wêreldrugby (WR), die internasionale beheerliggaam van die spel, is verras met die jongste wending Donderdag wat die debakel rakende die All Black Sonny Bill Williams se afstuur weens ʼn hoogvat teen die Britse en Ierse Leeus geneem het.
ANC-leierskapstryd: Zuma staan steeds sterk
Lees wat voorspel Moeletsi Mbeki, Tim du Plessis, Ryk van Niekerk en Waldimar Pelser oor die ANC-leierskapstryd en die pad na dié party se nasionale konferensie in Desember.
Ondersoek ná twee sterf in stormloop
ʼn Komitee van ondersoek is aangestel om die oorsaak van die stormloop te bepaal wat Saterdag die lewe van twee sportondersteuners by die ENB-stadion buite Johannesburg geëis het.
[Video] Dubai-wolkekrabber in ligte laaie
Talle inwoners van een van Dubai se hoogste wolkekrabbers is Vrydag in die vroeë oggendure uit die gebou verwyder nadat ʼn brand vir die tweede keer in drie jaar in die gebou, The Torch, uitgebreek het.
Twee in NW met ivoor betrap
Twee mans is in Noordwes in hegtenis geneem nadat ivoor in hul besit gevind is.
AfriForum se teenboelieveldtog: Oorsake van afknouery in skole
Hoewel boelies selfversekerd voorkom, is hulle eintlik onseker oor hulleself en kan hulle ook minderwaardig teenoor ander voel. Wanneer hulle ander leerders sleg behandel, is dit ’n manier om hulle beter oor hulself te laat voel en hulle gebruik dit as ’n hanteermeganisme.
Gedagte vir die dag: Kwaad word goed
Wat my betref, het God die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het my gebring tot in hierdie hoë pos wat ek beklee sodat ek die lewens van baie mense kon red. (Genesis 50:20)