Caster Semenya het Maandagaand in Londen by die Wêreldkampioenskappe in die, vir haar ongewone, 1500 m Suid-Afrika se derde medalje gewen.
Lees meerAlles vir Maandag 7 Augustus 2017
Wayde lag-lag deur in 200 m, maar diskwalifikasie keer SA driekuns
Een, twee, drie van Suid-Afrika … Nee, toe net twee.
Proteas soos die Bokke: nie genoeg spelers van toetsgehalte nie
Soos Allister Coetzee se Springbokgroep het die Proteas ʼn paar spelers van internasionale gehalte maar te veel wat nie ryp vir hierdie vlak is nie.
Motoris ‘vas aan die slaap’ agter die stuur
Die Stad Kaapstad se verkeersafdeling het die afgelope week 139 persone op die paaie in hegtenis geneem en 64 voertuie geskut.
WP vervang hele voorry, skakels en nog twee
Die Westelike Provinsie se span wat Woensdag in Kimberley met Griekwas in die reeks om die Curriebeker kragte meet, kry ʼn nuwe voorry, skakelpaar en toon nog twee veranderinge.
Babalykie in Bloem-asblik gevind
ʼn Pasgebore babadogtertjie is Maandag dood aangetref in ʼn plastieksak in ʼn asblik in Bloemfontein.
Etlike wysigings in Cheetah-span; nuwe kaptein
Die Cheetah-span vir Woensdag se wedstryd teen die Pumas op Nelspruit toon etlike wysigings van die span wat die Westelike Provinsie net meer as ʼn week gelede in die Vrystaatstadion met 30-17 geklop het.
Zuma ‘ontsteld’ oor aanrandingsbewerings teen Manana
Pres. Jacob Zuma het Maandag sy kommer uitgespreek oor bewerings dat die adjunkminister van hoër onderwys, Mduduzi Manana, ʼn vrou aangerand het.
Bylmoorde: ‘Geen onbekende DNS op toneel’
Die hoof forensiese analis by die polisie se forensiese laboratorium het aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê daar was geen onbekende DNS op die toneel by die Van Breda-huis in die luukse De Zalze-landgoed in Stellenbosch nie.
Geheime stemming: Partye reageer oor speaker se besluit
Verskeie politieke partye het Maandag reageer oor Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, se besluit dat die mosie van wantroue in die parlement met ʼn geheime stemming beslis sal word.
Julian Savea verpas die All Black-bus
’n Jaar of wat gelede het die Nieu-Seelanders nog na Julian Savea as die tweede Jomu Lomu verwys … nou kry hy nie meer plek in die All Blacks se span nie.
ToekomsVenster: Jesus verklaar die gelykenis van die saaier
Jy sê dat die Woord vrug dra in jou lewe. Waarin bestaan dit konkreet? Ons word nie op grond van werke geregverdig nie, maar werke vloei voort uit ons lewe as ʼn vergestalting van dankbaarheid. Is daar vrug in jou lewe, vrug wat by die bekering pas?
Skorsing: Kwagga speel eers dan weer
Kwagga Smith sal na sy rooi kaart Saterdag in die Superrugby-eindstryd teen die Crusaders op Ellispark eers weer op 8 September vir die Goue Leeus in die Curriebekerreeks kan speel.
[Foto’s] Vinkel en koljander…
Almal weet die vere maak nie die voël nie, maar klere bly ʼn goeie manier om jou persoonlikheid ten toon te stel – en boonop te wys dat jy en iemand anders bymekaar pas soos ʼn hamburger en ʼn melkskommel.
Buurtwaglid in hart gesteek: Ma hoor eers later van moord
Die gemeenskap van Kraaifontein is in rou gedompel ná ʼn buurtwaglid, Alec du Toit, vermoor is toe hy na ʼn toneel ontbied is.
Speaker sê oor wantrouemosie se stemproses
Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, het Maandag haar besluit bekendgemaak rakende die stemproses tydens die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma wat Dinsdag aangehoor word.
EFF vaar Pta-strate in teen Zuma
“Metropolisiebeamptes sal in die gebied ontplooi word om die betoging en strate wat geraak word te monitor.”
Klein Juandré tuis ná operasie; lang pad lê voor
“As die uitslae terugkom en daar is nie ʼn teken van kanker nie, lê ʼn normale lewe weer vir hom voor. Hy sal kan lag en speel soos ander tweejariges doen. As die kanker versprei het, sal ons daardie pad saamstap en sterker aan die ander kant uitkom.”
Valkeliga: trane rol toe Brakpan in stof byt
Brakpan, wat die Valke-rugbyunie (VRU) se klubrugby die afgelope klompie jare oorheers het, se appelkar is Saterdag onverwags in die halfeindstryd van die bond se Peregrineliga omgekeer.
Mosie van wantroue: Zuma se nege politieke lewens en die geheime stemmery
Maroela Media het met verskeie politieke ontleders gesels om vas te stel of hulle meen Mbete wel ʼn geheime stemming sal toelaat en, indien sy dit doen, of hierdie mosie van wantroue wel hierdie keer geslaag teen die president sal wees.