Boereverneukery is een van die woorde wat ʼn lang pad met Afrikaans kom en ʼn praktyk wat deesdae weer hoogty vier in die kleinhandel.
Alles vir Vrydag 11 Augustus 2017
Ma en dae oue baba sterf saam
Twee ander ma’s en hul babas asook ʼn tienermeisie is ook ernstig beseer tydens die voorval.
Indië en Pakistan: 70 jaar sedert partisie en onafhanklikheid
Dit is natuurlik ʼn oop vraag of partisie destyds ʼn goeie besluit was of nie. Gandhi se droom van ʼn verenigde Indië, waar alle groepe vreedsaam saamleef, was naïef en heel moontlik sou dinge nog erger gegaan het as die Moslems nie ʼn heenkome in Pakistan gehad het nie.
Wêreldrugby se taai toffie
Vrouerugby suig maar aan die agterspeen in Suid-Afrika, maar dit kan nog die doodskoot vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) wees as dit gaan om die Wêreldbekertoernooi vir mans in 2023 tuis aan te bied.
Clanwilliam-blommeskou gekanselleer weens droogte
“Ons het nie genoeg blomme om ʼn goeie vertoning vir die skou saam te stel nie”
Hoe hanteer ek ʼn arrestasie by ʼn padblokkade?
AfriForum ontvang verskeie navrae van lede van die publiek oor hul regte sou hulle by ‘n padblokkade in hegtenis geneem word, en wat die proses behels?
10111-staking draai in arbeidshof
Die polisiebestuur gaan Vrydag die arbeidshof nader om onwettige optrede deur stakende 10111-operateurs te verhoed.
Ramaphosa nie welkom by Marikana-herdenking
Adj.pres. Cyril Ramaphosa is nie welkom om die vyfde herdenking van die Marikana-slagting by te woon nie.
Maak jou lippe rooi vir meisies in nood
Augustus is Vrouemaand en een van basiese regte wat meisies het is die reg tot onderrig. Ongelukkig is daar heelwat meisies wat skool mis omdat hulle nie genoeg sanitêre ware het om deur die maand te kom nie.
Woord: sirkus
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “sirkus”
Jong vrou twee keer in kop geskiet
Die polisie in Welkom het ʼn beroep op inwoners gedoen om hulle by te staan nadat ʼn jong vrou se liggaam onder ʼn boom in die dorp gevind is.
[Resep] Krummelpap en sous uit die mikrogolf
Min dinge is so lekker soos om vroegoggend in die winter by die kombuis van ’n Vrystaatse plaashuis in te stap en daai heerlike geur van die krummelpap te kry wat op die aga gaar word. Maar nie almal het ’n aga nie, en ook nie die tyd nie.
Gemeenskap saai chaos toe polisie nie verdagte wil vrylaat
Die oomblik toe die gemeenskap agterkom die verdagte is nie meer op die toneel nie het hulle gewelddadig geraak en polisievoertuie en -beamptes met klippe begin bestook.
Nuuskommentaar: Stadig, Maimane, moenie nou hand oorspeel
Opposisiepartye in Suid-Afrika het nou die geleentheid om, danksy pres. Jacob Zuma se voete van klei, ver bo hul gewigsklas te kan boks.
Twee sterf in Pta toe motorfiets voetganger tref
Twee mans is Vrydagoggend dood toe ʼn motorfiets ʼn voetganger in Centurion getref het.
Leeus in Vaalwater gestroop
Die Vaalwater-polisie in Limpopo het ʼn soektog van stapel gestuur na verdagtes wat leeus vir hul liggaamsdele gestroop het.
Vandag se sportnuus
Die IAAF se wêreldkampioenskap het gister sy sewende dag beleef. Die Suid-Afrikaners het ʼn besige program gehad.
Wayde mis dubbelgoud net-net
Suid-Afrika se Wayde van Niekerk en Caster Semenya het nie teleurgestel nie.
Seun (11) uit voertuig geslinger
ʼn Seun (11) is in ʼn kritieke toestand ná hy uit ʼn motor geslinger is tydens ʼn ongeluk.
Dié is die bankrekening vir jou
“Banke kan ook nie toelaat dat die gaping tussen die bondelrekening wat aan middelinkomstegroepe bemark word en die goedkoper rekeninge te groot word nie, anders loop hulle die risiko dat kliënte na die goedkoper opsies sal oorskuif of eenvoudig na mededingers sal oorskakel.”