Die laaste ronde van die PGA Sondag was ʼn wipplankryery soos in ʼn swakkerige klubtoernooi toe die voorste spelers hul houe laat val, arende en voëtljies ingeryg en veral wenkanse laat glip het.
Alles vir Maandag 14 Augustus 2017
Drankwinkeleienaar skiet rower met dié se wapen dood
ʼn Saak van moord is teen die eienaar aanhangig gemaak.
Manana by kommissie vir geslagsgelykheid aangegee
Dit kom nadat daar Sondag in die media bewerings aan die lig gekom het dat hy sy vrouewerknemers mishandel.
Man sterf ná taxi hom stamp
“Toe paramedici omstreeks 14:40 by die toneel opdaag het hul die man aangetref waar hy vasgekeer onder ʼn stilstaande voertuig lê.”
Gedagte vir die dag: Roep gerus, die Here hoor
Volk van Sion, wat in Jerusalem woon, julle sal nie meer huil nie. Hy sal genade aan julle bewys as julle Hom vra om julle te help. Hy sal dadelik reageer as julle na Hom roep. (Jesaja 30:19)
Semenya wen goud; SA derde beste op Wêreldkampioenskappe
Caster Semenya het Sondagaand in die 800 meter Suid-Afrika se derde goue medalje by die Wêreldkampioenskappe in Londen gewen.