Kry jou jongste sportnuus hier.
Alles vir Woensdag 16 Augustus 2017
Polisie ondersoek brandstigting ná jeugsentrum brand
Die polisie ondersoek ʼn moontlike geval van brandstigting nadat ʼn kinder- en jeugsentrum in Willows vroeg Maandagoggend afgebrand en meer as R1 miljoen se skade gely het.
Mantashe: ANC-LP’s wat vír mosie stem sal gestraf word
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê dat ANC-LP’s wat verlede week saam met opposisiepartye vir die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma gestem het, gestraf sal word.
Taxi-protes raak dié strate in Pretoria
Die Tshwane-metropolisie het gewaarsku dat ʼn moontlike taxi-betoging in Pretoria vandag erge ontwrigting kan veroorsaak.
Groot konflik by Rhodes se graf
Ek het lanklaas soveel innerlike konflik beleef soos toe ek onlangs Cecil John Rhodes se graf besoek het, skryf Ernst Roets.
Gedagte vir die dag: Glyende voete en innerlike onrus
Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring. (Psalm 94:18, 19) – Bybel in Afrikaans 1983/1992