Die Suid-Afrikaans-gebore Skotse stut WP Nel het herstel van die besering wat hom ʼn Britse en Ierse Leeutrui gekos het; en ʼn gewese Sharks-slot kry nóg ʼn kans om dalk toetsrugby vir Skotland te speel.
Lees meerAlles vir Donderdag 17 Augustus 2017
Cheetahs verander agt ná slae teen Griekwas
Die Cheetahs het agt veranderings aangebring aan die opdrafspan wat onverwags teen Griekwas verloor het vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting teen die Blou Bulle.
Nuwe kinkel in AB se toiletpetalje op pad na SA
Daar is ʼn nuwe kinkel in die kabel met die petalje toe die All Black-skrumskakel Aaron Smith verlede jaar op pad na Suid-Afrika saam met ʼn vrou in ʼn Nieu-Seelandse lughawetoilet betrap, en uit Suid-Afrika deur die spanbestuur huis toe gestuur is.
Dis die Jaguares in Poemas-truie
Toe die Argentynse Poemas Donderdagmiddag hul span bekend gemaak het wat die Bokke Saterdag in Port Elizabeth in die Rugbykampioenskap pak, kon dit netsowel die Jaguares-span in die Superreeks gewees het.
Wéér ʼn nuwe kaptein vir die Blou Bulle
Die Blou Bulle is genoodsaak om hul derde kaptein vir die huidige Curriebekerseisoen te kies nadat Boom Prinsloo deur griep platgetrek is.
Man kritiek ná masjinerie op hom val
Die voorval het vanoggend in ʼn fabriek in Benoni gebeur.
Groep mans oorrompel G4S-wag, vlug met groot bedrag
Die polisie in Bloemfontein het ’n reusesoektog van stapel gestuur na ’n groep swaar gewapende mans wat na bewering ’n G4S-sekuriteitswag aangeval en van ’n groot bedrag geld beroof het.
Barcelona: Voertuig ploeg in toeriste
Talle mense is beseer toe ʼn voertuig in ʼn groep voetgangers, toeriste en inwoners in Barcelona, Spanje, ingejaag het.
SA A-speler een van verskeie Pumas-skuiwe
ʼn Speler wat in Junie vir Suid-Afrika se naasbestes teen die Franse gespel het, kry Saterdag in Kimberley sy eerste kans in die Pumas se opdrafspan.
Makhosi Khoza uit voorsittersrol gepos
“Dit is weens haar openbare uitlatings voor die mosie van wantroue asook haar openbare aanvalle op ANC-leierskap en lede van die koukus wat teen die mosie gestem het.”
ToekomsVenster: Jesus word in Nasaret verwerp
Vreemd hoedat ʼn mens die getuienis van ʼn vreemdeling eerder sal aanvaar as dié van iemand wat aan jou bekend is.
[Foto’s] Elvis Presley-aanhangers huldig hom 40 jaar ná sy dood
Daar is ook ʼn veiling gehou waartydens allerhande items wat aan Elvis behoort het vir miljoene opgeveil is.
Grace Mugabe-saak: Slagoffer glo geld aangebied
Daar is tydens ʼn mediakonferensie Donderdagmiddag uiteengesit hoe AfriForum Gabriella Engels en haar gesin sal bystaan in hul soeke na geregtigheid.
Die wêreld in foto’s – 17 Augustus 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Bokke kies Cassiem op nommer agt teen Poemas
Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, koester hoë verwagtinge van Uzair Cassiem, maar om hom in slegs sy tweede toets in die ongewone posisie van agtsteman, in te span, is ʼn waagstuk, al is dit vir Saterdag se Rugbykampioenskapstoets teen die Argentynse Poemas in Port Elizabeth.
Kleuter gered ná hy ‘klinies dood’ verklaar is
“Jy kan nie daardie gevoel beskryf nie. Om ʼn kind te verloor, is elke ouer se grootste vrees.”
VSA-skok dalk goeie nuus vir SA rugby
Die skokuittrede van ʼn afrigter wat op die kortlys was om die Amerikaanse nasionale rugbyspan af te rig, hou dalk goeie nuus vir Suid-Afrikaanse rugby in.
Knysna-brande: Talle verskil van verslag
Morné Jonker, ʼn boer van die Herold-gebied noord van die Outeniekwaberge, is oortuig weerlig was die oorsaak van die brande wat op 7 Junie verwoesting in die Knysna-gebied begin saai het.
Bruide wil nie dié liedjies hoor nie
Hier is die liedjies wat bruide nie op die beste dag van hul lewens wil hoor nie.
Ses vas ná talle kapings
“Daar is op talle gekaapte voertuie beslag gelê sowel as ʼn pistool en ʼn speelgoedpistool, wat glo in die uitvoer van verskeie misdade gebruik is.”