Drukrugby. Ja, met hier en daar ʼn losserige stukkie spel tussenin, maar met doelgerigtheid en gehalte wanneer dit saak gemaak het.
Lees meerAlles vir Saterdag 19 Augustus 2017
Talle beseer toe trein ontspoor
Talle mense het glo paniekerig geraak toe die trein ontspoor het, en van die trein af probeer spring.
Twee dood, drie beseer in gru-ongeluk
Een van die insittendes in een van die voertuie het ernstige beserings opgedoen, terwyl die drie ander insittendes, waaronder ʼn baba, matige beserings opgedoen het.
Ma hou seun (3) aan leiband in hondehok, brand hom met chemikalieë
Mediese personeel het bevestig dat die seun chemiese brandwonde aan sy maag én voete het, asook kneuswonde aan sy bene, rug en voorkop. Sy het die driejarige ook van ʼn afstand op sy maag laat val.
Lekkerkry-wedstryd op Loftus ná 84 minute besleg
Dit was ʼn Curriebekerwedstryd wat alles gehad: spanning, elf goeie drieë, hardloopwerk en langafstand-teenaanvalle deur albei spanne, inklim om besit en die wenpunte meer as vier minute na die eindfluitjie.
Jhb-man (51) sterf in botsing
“Die nooddienspanne het onmiddellik kardiopulmonêre resussitasie op hom toegepas, maar hy is ten spyte van al hul pogings om hom by te bring op die toneel dood verklaar.”
‘Afrikaanse flieks nié net swak,’ sê kundiges
Die Afrikaanse fliekbedryf het Saterdag tydens ʼn Boekejol-paneelgesprek, gelei deur Leon van Nierop, onder die loep gekom.
‘Neem Grace Mugabe in hegtenis,’ eis Sanco
“Suid-Afrika moet nié die rooi tapyt vir haar uitrol nie. Gelykheid voor die wet is ʼn bepaling van ons Grondwet, en is van toepassing op almal wat hulself binne die grense van Suid-Afrika bevind.”
Mduduzi Manana: ‘Ek het myself, elke SA’ner in steek gelaat’
“Die situasie wat die afgelope twee weke ontvou het, het my blootgestel. My ware leierskap is getoets en ek het die toets misluk. Geen verskoning in die wêreld is goed genoeg om ooit te regverdig wat ek gedoen het nie en al is ek hoe beskaamd oor my daad, gaan dit nie oor my nie.”
Rugbykampioenskap: die ou cliché van twee helftes
Dit was in die eerste helfte van Saterdag se Bledisloetoets teen die Wallabies in Sydney een van die All Blacks se beste vertonings nóg in die Rugbykampioenskap, maar hulle het hul uithalerspel met ʼn erg middelmatige vertoning in die tweede helfte bederf.
Man sterf toe hy pa se as wou strooi
“My broer het die laaste ruk sy lewe aan my pa se versorging gewy om te verseker dat hy oukei is. Ons wou die helfte van die as op my ma se graf strooi, en die ander in die rivier soos hy gevra het.”
Barcelona: Bestuurder van paneelwa steeds soek
ʼn Derde verdagte is Saterdagoggend vroeg in hegtenis geneem. Die Spaanse polisie het egter bevestig die bestuurder van die paneelwa is steeds op vrye voet.
Meer bekend oor Centurion-skietgeveg
Meer is nou bekend oor die Centurion-skietgeveg tussen polisiebeamptes en vyf vermeende verdagtes waarin een dood en vier ander beseer is.
Onmin by Valke oor deelname aan Saru-spogreeks
Daar heers onmin in Valke-kringe oor die klub wat die bond in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale klubreeks om die Goue Beker (GB) verteenwoordig.
Mduduzi Manana bedank ná aanranding
Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, het bedank.
Man (49) in hospitaal ná vyf hom beroof, skiet
Pierre Erasmus (49) het glo pas uit sy motor geklim en was op pad bank toe om ʼn onbekende bedrag geld te deponeer.
Dié paaie in Pretoria gesluit oor die naweek
Ompadborde sal opgerig word om die verkeer te bestuur. Die Tshwane-metropolisie sal ook help met die regulering van verkeer by die kruisings.
Bibi Slippers ‘ʼn fotostaat vol foute en gemaklik daarmee’
“My kamer is nie netjies nie, maar my gedigte is.”
2 mans vasgetrek met 5 gesteelde TV’s
Volgens Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, is een van die slagoffers ʼn bejaarde vrou. Die televisiestelle het ʼn gesamentlike waarde van sowat R55 000.
Enkele klubs oorheers uitspelery by Leeus, SWD
ʼn Paar klubs oorheers die uitspeelrondes Saterdag in die Goue Leeus en die Suidwestelike Distrikte (SWD) se ligas.