“Hy het na bewering die kinders op verskillende tye na die kerk genooi om saam met hom te bid en terwyl hulle besig was met gebed, het hy hulle verkrag.”
Alles vir Woensdag 23 Augustus 2017
Buitebioskoop: Dis weer tyd vir fliek en piekniek!
Maroela Media en attooh! is uit ons vel van blydskap om jou te vertel dat jy hierdie jaar weer saam ons die nostalgie van ʼn inryteater – met ʼn bietjie van ʼn kinkel – kan herleef. Kom sprei jou piekniekkombers uit, geniet goeie musiek en kyk drie Afrikaanse flieks saam met ons by die Buitebioskoop!
Vermiste Anchen Muller (13) opgespoor
Die vermiste 13-jarige Anchen Muller van Brackenfell in die Wes-Kaap is opgespoor.
‘Hamerslag’ vir ARU oor Force-appèl
In die jongste verwikkeling in die snel ontvouende drama rakende die Western Force het die Nieu-Suid-Walliese hooggeregshof aan Rugby Wes-Australië (RWA) toestemming verleen om appèl teen die uitsetting van die span uit aanstaande jaar se Superrugbyreeks aan te teken.
2 vroue vermoor ná mans hul as Pta-polisiemanne voordoen
Die polisie het Woensdagaand die “sinnelose” moord van twee bejaarde vroue veroordeel. Die vroue is deur twee mans genader wat hulle as polisiebeamptes van Pretoria voorgedoen het.
Drie vas ná klopjag op internetkafee
Simon Zwane, woordvoerder van RTMC, sê die klopjag was deel van dié organisasie se voortdurende poging om korrupsie aan te pak en die aantal onpadwaardige voertuie wat weens onwettige bedrywighede op Suid-Afrikaanse paaie is, te verminder.
Drie liggame binne 3 dae in dieselfde gebied gevind
“Die verplasing van die liggame kan in dié stadium nie uitgesluit word nie, aangesien daar geen bloedvlekke op die drie plekke was waar die liggame gevind is nie,” sê die polisie.
Krisis staar Suid-Afrika in die gesig
Suid-Afrika se werkmag bestaan uit sowat 22,2 miljoen mense, waarvan 6,1 miljoen werkloos is. Net minder as 3,9 miljoen van dié werklose mense is tussen die ouderdomme van 15 en 34 – wat beteken dat net meer as die helfte van Suid-Afrika se werkloses jongmense is.
Gedagte vir die dag: Niks kan ons van sy liefde skei nie
Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie. (Romeine 8:38, 39)