Van die vernaamste take van ʼn afrigter is onder meer dat hy met keuring moet kan raakvat.
Lees meerAlles vir Donderdag 24 Augustus 2017
Bitter min van Cheetahs se opdrafspan bly oor
Bitter min van die Cheetahs se beginspan wat die Blou Bulle naelskraap in hul jongste Curriebekerwedstryd geklop het, sal Saterdag in Bloemfontein teen die Goue Leeus opdraf.
Misdaadintelligensiehoof ‘nog ʼn Zuma-kader’
“Hierdie aanstelling laat ook kommer ontstaan oor die toekomstige aanstelling van ʼn permanente nasionale polisiekommissaris.”
Vuurwapenlisensies: Saak na konstitusionele hof
“Die hooggeregshof se uitspraak op 4 Julie was ʼn reuse-oorwinning vir alle wettige vuurwapeneienaars. Ons is versigtig optimisties dat die konstitusionele hof in ons guns sal beslis.”
[Video] Adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai gepos
Die UDM se Mongameli Bobani is Donderdag deur middel van ʼn chaotiese stemproses van sy amp as adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai onthef.
Man in hof wat glo 9-jarige verkrag
Haar niggie het gesien wat gebeur en uit die kamer geglip om haar ma te roep wat die man glo op heterdaad betrap het.
Minister gee redes vir Mugabe se diplomatieke immuniteit
“Dit was ʼn moeilike besluit maar een wat, wanneer alles in ag geneem word, uitgevoer moes word.”
Man oorhandig ledemate aan polisie; 5 vas
ʼn Skokvoorval het hom verlede week by die Estcourt-polisiestasie in KwaZulu-Natal afgespeel toe ʼn man ingestap en aan polisiebeamptes gesê het hy “is moeg om mensvleis te eet”.
ToekomsVenster: Die eerste vermeerdering van die brood
Leef jy met hierdie verwagting?
Brandbestryders red varkies, braai hulle vir ete
Ondersteuners van onder meer die diereregte-organisasie Peta het gesê die varkies kon net sowel in die vuur doodgebrand het. Die brandweer-organisasie is deur talle op sosiale media gekritiseer.
Man swaar gestraf ná tiener se gru-moord
Cameron Wilson het gelag en hande geklap terwyl hy gevonnis is.
Muldersdrift-botsing eis twee
Twee mans is dood en nog twee beseer toe ʼn vragmotor en ʼn bakkie Donderdagoggend in Muldersdrift in Gauteng gebots het.
Suster spoor gestremde broer ná maande op
“Dit was ʼn wonderlike oomblik om te sien hoe hulle herenig is. Hoewel hy gestremd is, verstaan hy steeds alles wat om hom gebeur. Dit was hartroerend.”
Goue Leeus verander vyf vir stryd teen Cheetahs
Die Goue Leeus het vyf veranderings aangebring in die span vir Saterdag se Curriebekerkragmeting teen die Cheetahs in Bloemfontein.
Allister behou kontinuïteit na Baai-sege; Hougaard enigste verandering
Seker een van die vernaamste lesse wat Allister Coetzee vanjaar van Brenden Venter en Franco Smith geleer het, is kontinuïteit.
Aanlyn speletjie wil jeug aan die dink kry oor politiek
Du Plessis hoop die speletjie sal ook help om kiesers te motiveer om politici nie net aanspreeklik te hou vir wat hulle doen nie, maar die soort beleidsrigting wat hulle voorstaan.
‘Miljoene rande skade’ ná verwoestende brande
“Die vlamme het net so vinnig versprei, niemand kon dit regtig keer nie. Dit het oor al die voorbrande en brandpaaie, selfs oor die snelweg gespring en net aanhou voortstu.”
Man lewenslank agter tralies vir verkragting
“Hy het haar na ʼn donker gebied toe gesleep, herhaaldelik verkrag en van ʼn onbekende hoeveelheid geld beroof.”
Aftrede: Voorkom oormatige skuld só
Dit is skrikwekkend dat byna die helfte van Suid-Afrika se verbruikers ʼn swak betalingsrekord het en dat die meeste van hulle tot meer as drie maande agterstallig is met betalings.
[Foto’s] Alberton-gemeenskap trek een van ontsnapte gevangenes vas
“Die verdagte is bo in die plafon van een van die woonstelle gevind en in hegtenis geneem.”