Daar het onlangs in een week drie voorvalle in een gebied plaasgevind waar motoriste van verskillende rasse deurgeloop het. Die feit dat net die een voorval waar wit mense oortree het aan die groot klok gehang is, getuig van dubbele standaarde rakende ras in Suid-Afrika, skryf Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.
Alles vir Vrydag 25 Augustus 2017
Werksaanbod: Versorg dié kinders, ry ʼn Maserati
ʼn Gesin van Londen se advertensie vir ʼn pos om na hul vier kinders om te sien, word wêreldwyd op sosiale media gedeel weens die ongewone voordele vir die geskikte persoon.
Lindie Strydom: Maslow se hiërargie
“Ek is bang hier kruip dalk ʼn selfregverdiging in waar ek sit en wag vir die minimum wat my toekom voor ek uiteindelik eendag ʼn maksimum lewe kan leef…” skryf Lindie Strydom.
Die wêreld in foto’s – 25 Augustus 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Baie op spel vir al ses in Curriebekerstryde
Vrydag en Saterdag se Curriebeker-weekronde beloof een van die strafste tot dusver in vanjaar se reeks te wees, gesien hoeveel vir die onderskeie spanne op die spel is.
Tel jou woorde: Oor beddens en Boervrouens
“Ek moet vinnig besluit. Ek is vir die res van die week en naweek uitstedig en my kind moet ‘n matras onder sy bas kry. Ons kan seker lap aan die bed, maar dit gaan weer breek…” skryf Sophia Kapp.
Guptas se beeldpoetser moontlik beboet
Van Damme het gesê indien die DA se klag nie deur PRCA se professionele praktykkomitee gehandhaaf is nie, sou hulle dit Donderdagmiddag bekendgemaak het.
Skool se biblioteek afgebrand
Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat ʼn biblioteek by ʼn plaaslike hoërskool afgebrand het.
Werksoekers teen aanlyn slenter gewaarsku
Volgens die valse advertensie kan daar om 18 poste as senior sekretaris en 42 poste as algemene assistent aansoek gedoen word.
Daar wag nóg pyn op die Wallabies
In die ou dae voordat hulle Carisbrook in Dunedin gesloop het, het hulle die stadion die Huis van Pyn genoem, want dit is waar die All Blacks byna onoorwinlik was.
Bekende SA egpaar verwelkom pienkvoet
“Pa herstel nog van skok, maar gloei van trots en blydskap. Ons het baie om voor dankbaar te wees!”
Sanger in kapingsdrama
ʼn Suid-Afrikaanse sanger is Vrydagoggend glo buite sy huis in Melville in Johannesburg gekaap en ontvoer.
[Resep] Tamatieroomsop
Tamatie en room is die perfekte kombinasie om die naweekkos ékstra lekker te maak!
‘Skelm’ buffelverkoper uiteindelik vas
Die polisie het Donderdag ʼn man, in sy 40’s, in hegtenis geneem wat glo al ʼn geruime tyd gesoek is in verband met verskeie bedrogsake wat verband hou met kammabuffelverkope.
Vandag se sportnuus
Die Bokspan vir môre se Kampioenskapswedstryd teen die Poemas is gister bekend gemaak. Boksondersteuners sien al lank uit na oormôre se groot geveg tussen Floyd Mayweather Junior en Conor McGregor.
Tekenprent: ʼn Helpende hand vir SAL
Die tesourie is steeds van plan om R10 miljard van sy aandeel van 39% in Telkom los te maak om die “terminale” Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) van ondergang te red. Die tekenprentkunstenaar Jeremy gee sy interpretasie van die gebeure.
Koalisieregering in Nelson Mandelabaai in gedrang
DA-leier Mmusi Maimane het Bantu Holomisa, leier van die UDM, se ultimatum om aan die Nelson Mandelabaai-koalisie te onttrek indien die adjunkburgemeester nie weer in sy pos heraangestel word nie, verwerp.
Kleurryke veldtog om stigma te verwyder
Crazy for Walking is ʼn inisiatief wat van stapel gestuur word om die stigma rakende geestesgesondheid in fokus te plaas. Dus, Crazy for Walking-stappers spring op 1 September weg en beoog om Kaapstad op 10 Oktober, Wêreldgeestesgesondheidsdag, te bereik.
Rusie lei tot jong man se dood
“Die jong man was sy familie se enigste hoop vir ʼn beter toekoms.”
Nuuskommentaar: ‘Business as usual’ vir president
Jacob Zuma se termyne as president is gekenmerk deur koerantopskrifte wat daarop dui dat dinge telkemale so ontwikkel het dat dit nou weer “business as usual” vir die president is. Net af en toe het iets nie soos water van die eend se rug afgeloop nie, soos met die omvang van die anti-Zuma-betoging in Pretoria, wat hom die twak oor rassisme en rassistiese plakkate laat kwytraak het, en toe daar onlangs ’n redelike groot skeibrekery in die ANC was om in ’n mosie van wantroue teen hom te stem.