Die Blitsbokke sal binnekort op Stellenbosch die eerste keer in Suid-Afrika op die veld draf sedert hulle die afgelope Wêreldreeks ingepalm het.
Alles vir Vrydag 25 Augustus 2017
SA medaljewenners skitter in Diamantliga
Drie van Suid-Afrika se medaljewenners by die onlangse Wêreldkampioenskappe in Londen het Donderdagaand in Zürich met uithalervertonings gewys dat hulle vertonings in Engeland geen gelukskoot was nie.
Neerlaag, beserings dwing Poemas tot veranderinge
Die Poemas se afrigter Daniel Hourcade het, ná sy span se neerlaag verlede week teen die Springbokke en twee beserings, ses veranderinge aangebring vir die twee spanne se herontmoeting Saterdag in Salta.
Lesersbrief: Bittereinders en verraaiers
Wie volg vandag die leiding van onderskeidelik Christiaan of Piet de Wet? Is ’n bittereinder net koppig en is sommige verraaiers verstandig? Wie is vandag die koppiges en die verstandiges?
Doodskis-saak: Uitspraak verwag
Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28), die beskuldigdes in die veelbesproke doodskisvideo-saak, gaan na verwagting vandag [Vrydag] hul lot in die Middelburg-hooggeregshof hoor.
Gevaarligte flikker vir staatspensioenfondse oor SAL
“Die aandele van sukkelende entiteite sal nie waarde toevoeg tot die OBK nie en sal net lei tot negatiewe langtermyn-afwatering van die fondse.”
‘Profeet’ bly nog agter tralies ná hy glo bodes verkrag
Die 32-jarige selfverklaarde profeet van Limpopo wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde verkragting van vier minderjarige kinders, bly nog ʼn rukkie agter tralies.
AfriForum se 9-punt-plan vir Buurtwag-stigting
Die Grondwet, wetgewing en regspraak gee jou as ’n wetsgehoorsame burger die reg om jouself en jou familie te beskerm binne die raamwerk van die wet, maar wat beteken dit in die praktyk?
Gedagte vir die dag: Beproewings kweek egtheid van geloof
Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry. Die doel van beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. (1 Petrus 1:6, 7)
Kwotakwessie: Valke vind geen oortredings
Alle klubs in die Valke-rugbyunie (VRU) se Peregrineliga het vanjaar aan die ligareëls voldoen en kom dus in aanmerking vir deelname aan die SA Rugbyunie (Saru) se reeks om die Goue Beker, het die bond bevind.
WP verander twee vir sleutelstryd teen Sharks
Die Westelike Provinsie is verplig om twee veranderinge in sy opdrafspan vir Saterdag se sleutelwedstryd teen die Sharks op Nuweland te maak.