In die ras-gelaaide Suid-Afrikaanse atmosfeer kan ’n ondeurdagte optrede of glips die oortreder baie dieper in die sop laat beland as wat die persoon of persone ooit kon droom. Fokus liefs op die bou van brûe, sodat die spanning, wat minstens deels deur die regering se rasbeheptheid en rasdiskriminerende wette teweeg gebring word, ontlaai kan word.
Alles vir Maandag 28 Augustus 2017
Vandag se sportnuus
Die wêreld se tweede beste tennisspeler, Andy Murray, het hom weens ’n heupbesering aan die Amerikaanse Ope ontrek en in atletiek het Caster Semenya die wêreldrekord in die 600 meter verbeter ná ’n tyd van 1 minuut 21.77 sekondes.
Angola: presidentsverkiesing en die langtermynleiers van Afrika
Vir die eerste keer sedert 1979 kry Angola ʼn nuwe president. José Eduardo dos Santos, wat 38 jaar lank reeds die president is, het al verlede jaar besluit om uit te tree en sy opvolger is João Lourenço, die minister van verdediging.
Balju vat Gauteng-gesondheid se meubels
Personeel by die hoofkantoor van die provinsiale departement van gesondheid sit op die vloer sonder tafels, stoele en rekenaars, omdat die balju twee vragmotors vol meubels gevat het.
Grondtoestande belemmer reddingspoging by Kusasalethu-myn
Moeilike grondtoestande belemmer die soek- en reddingspogings vir drie myners wat steeds ondergrond vasgekeer is by Harmony Gold se Kusasalethu-myn naby Carletonville.
NUM onderteken loonooreenkoms met Kumba Iron Ore
Die National Union of Mineworkers (NUM) en Kumba Iron Ore het ʼn driejaarloonooreenkoms onderteken.
Martelmars na ʼn nuwe motorlisensie
Flip Buys wonder of ʼn mens van ʼn ander land sal verstaan hoe jou wêreld in duie stort as jy besef dit is tyd om ʼn Suid-Afrikaanse staatsdepartement se rye aan te durf nie. Veral twee dae in ʼn ry…
Gedagte vir die dag: As ek swak is, is ek sterk
Hy het vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk. (2 Korintiërs 12:9, 10)