ʼn Blitsige agterlyn is dit wel, en die balvaardighede is nie te betwyfel nie, maar tog wonder ʼn mens oor die keuse van die heelagter Clayton Blommetjies op losskakel vir die Cheetahs en oor Sergeal Petersen wat op heelagter gekies is.
Lees meerAlles vir Donderdag 31 Augustus 2017
Zuma ontvang verslag oor gratis hoër onderwys
Pres. Jacob Zuma het die finale verslag van die kommissie, wat die lewensvatbaarheid van gratis hoër onderwys in Suid-Afrika ondersoek het, ontvang.
Brandweer het nie water toe brand uitbreek nie
ʼn Gebou het Donderdag in die Mathjabeng- (Welkom, Virginia, Odendaalsrus, Hennenman, Allanridge en Ventersburg) munisipale area afgebrand toe die munisipaliteit se brandweer nie in staat was om die brand te blus nie.
Beweerde terreur-voorval by Buckingham-paleis
ʼn Man is Donderdag van ʼn terreurmisdaad aangekla nadat hy op 25 Augustus naby Buckingham-paleis in sentraal Londen in hegtenis geneem is met ʼn 1,2 meter lange swaard.
Deloitte vind ‘geen fout’ by nasionale tesourie
ʼn Forensiese ondersoek deur Deloitte het bevind dat ʼn span van die nasionale tesourie, wat aan die geïntegreerde finansiële bestuurstelsel (IFMS) gewerk het, nie skuldig is aan enige misdryf nie.
Pro14: Volop toetservaring, ses SA spelers teen Cheetahs
Daar is twee Springbokke en twee Ierse toetsspelers onder die ses Suid-Afrikaners wat hul rugby in Suid-Afrika geleer het, ingesluit in die span van Ulster wat Vrydagaand (20:35 SA tyd) teen die Cheetahs in die nuwe era van Pro14 rugby speel.
Zuma sê hy het nie familie met staatskontrakte begunstig nie
Pres. Jacob Zuma het Donderdag aan die Nasionale Vergadering gesê hy het nooit versoek dat staatskontrakte aan sy familielede toegeken moet word nie, maar LP’s van opposisiepartye wou nie dié reaksie aanvaar nie.
Kopstampe kos Pumas twee staatmakers
Kopstampe het die Pumas genoodsaak om twee staatmakers te vervang vir Saterdag se Curriebeker-kragmeting teen die Goue Leeus op Ellispark.
Voormalige munisipale bestuurder en finansiële beampte gevonnis oor korrupsie
Louis Nothnagel (55), ʼn voormalige munisipale bestuurder en Marius Botha (58), ʼn voormalige finansiële beampte by Karoo Hoogland-munisipaliteit is saam met Ockert Tobias Cloete (65) in die Williston-streekshof gevonnis op aanklag van korrupsie.
ToekomsVenster: Die Siro-Fenisiese vrou
Hulle moes heel eerste hoor en dan self gehoorsaam word.
Twee Springbokke terug in Leeus se span
Twee Springbokke is terug in die Goue Leeus se span vir Saterdag se Curriebekerwedstryd teen die Pumas op Ellispark in Johannesburg.
Beledigings na Zuma in parlement geslinger
Pres. Jacob Zuma moes Donderdag bontstaan om vrae van LP’s tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die parlement te beantwoord.
Meisie (7) ontvoer, van brug afgegooi
ʼn Sewejarige meisie is onlangs uit haar grootouers se huis ontvoer en oomblikke later van ʼn brug tot in ʼn meer gegooi.
Aftrede: Die geskikte woonplek vir jou aftrede
Die jare ná jou aftrede, naamlik gedurende jou Prima Tyd, behoort van jou gelukkigste jare te wees. Jou woonplek het ʼn baie groot invloed op daardie geluk.
Kusasalethu-myn: Laaste 2 myners se liggame gevind
Die liggame van die laaste twee van die vyf mynwerkers wat ondergronds by Harmony Gold se Kusasalethu-myn in Carletonville vasgekeer was, is gevind.
Cosatu kondig landwye staking aan
Die vakbondfederasie Cosatu het Donderdag aangekondig lede gaan ʼn landwye staking teen staatskaping, werksverliese en korrupsie in die privaat en openbare sektor hou.
‘Terreur-tweeling’: Verhoor begin dán
Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, die tweelingbroers wat onder meer van terreur in Suid-Afrika beskuldig word, se verhoordatum is Donderdag vasgestel.
Vetkoek glo nié rede vir tienerseuns se dood
Die Wes-Kaapse departement van omgewingsgesondheid het Donderdagmiddag gesê die drie tieners wat dood is nadat hulle glo vetkoek by ʼn straatverkoper gekoop het, het glo nié weens voedselvergiftiging gesterf nie.
Komitee wil weet oor R14 m. ‘studiegeld-fout’
Die portefeuljekomitee vir hoër onderwys en onderrig het Donderdag gesê die komitee verdien om ingelig te word oor die administratiewe fout wat daartoe gelei het dat R14 miljoen in die bankrekening van ʼn student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU) in Oos-Londen inbetaal is.
Dogters rasend ná ouers verdwyn
“Hulle is moontlik beroof en stap dalk. Ons weet nie eintlik wat om te dink nie.”