Skielik het ʼn lang vergete veteraan van die ANC, en iemand wat die Afrikaner se bloeddruk al voorheen diep in die rooi gedruk het, weer op die politieke toneel verskyn.
Alles vir Vrydag 1 September 2017
Pinotage en biltong by fees gevier
Die eerste Gauteng Pinotage-en-Biltongfees vind op 14 en 15 Oktober by die Leriba Hotel in Centurion plaas.
[Foto’s] Vreemde versoek vir swangerskapfoto’s het internet op hol
“Baie mense dink ek is gek, maar ek is só gemaklik met bye dat dit nooit iets is waarvoor ek bang was nie.”
Dringende hofaansoek ingedien oor Bobani
Mongameli Bobani is verlede maand deur middel van ʼn mosie van sy amp as adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai onthef.
Redakteursbrief: Koffiewinkel in ’n hospitaal
“Mens sê altyd jy hou van lughawens, want daar gebeur soveel stories – mense wat kom en gaan, groet en afskeid neem. Maar vanoggend sit ek in ‘n hospitaal se koffiewinkel en bekyk die mense…” skryf Susan Lombaard.
Tussen Sterre se debuutalbum bekendgestel
Hulle is nie net sag op die oog nie – die ouens het ook ʼn ooglopende passie vir musiek. Hul debuutalbum, Kosmies, word eersdaags bekendgestel.
Die Curriebekerreeks: dit kan mos nie waar wees nie?
Dit was nog altyd een van jou onthou-oomblikke, wanneer jy jou verjaarsdag- of Kersgeskenkpakkies oopgemaak het.
Valke snuffel militêre springstof, ammunisie uit
Militêre springstof en ammunisie is Donderdag by ʼn sakeperseel in Makhado (Louis Trichardt) gevind.
Gedeelde leierskap – moontlike oplossing vir afknouery in skole?
Skole moet ook gedeelde leierskap aanmoedig, ondersteun en beloon om billike, hoëstandaard- en innemende skoolklimate as norm vir Suid-Afrikaanse skole te bewerkstellig.
Polisiekaptein skiet glo vrou, dogter, homself
Die polisiebeampte se twee seuns, onderskeidelik 13 en 17 jaar oud, was tydens die skietery in die huis.
Bankdienste: Ombudsman sal jou help
Ons gebruik almal banke se produkte en dienste vir verskeie transaksies en rekeninge, maar nie almal is ewe gelukkig met die dienste wat banke lewer nie. Verbruikers voel soms hul hande is afgekap en hulle moet maar aanvaar wat die banke doen, maar mens hoef nie moed op te gee as jy ʼn probleem met jou bank het nie.
Gru-botsing eis twee
Twee mans is dood nadat twee motors Vrydagoggend reg van voor tussen Vanderbijlpark in Gauteng en Deneysville in die Vrystaat gebots het.
Afrikaans is skerp! Elkeen sterf volgens sy beroep…
Afrikaans bly darem maar skerp! Fanus Rautenbach sê: ons moet almal eendag sterwe, maar elkeen sterf volgens sy beroep.
[Resep] Basaarpoeding
Die verskillende kleure van die jellie laat mens dink aan die pragtige lenteblomme. Slaan hierdie resep bymekaar en vier sommer heel naweek lank die lente!
Agt lesse uit die psigiatriese hospitaal
“Dit is finaal. Hier is ons nou. By die psigiatriese hospitaal. Ons is nie hier om vir iemand te kom kuier nie. Ons is hier sodat ek opgeneem kan word.”
Lindie Strydom: Verwagting van werk
Wat as werk die plek is waar ek as heel mens, vervul deur my verhouding met God, myself kan gaan uitleef – nie om iets te gaan kry of haal nie, maar om iets te gee en te bied?
‘Profeet’ steeds in aanhouding oor verkragting
Hy staan tereg op vyf aanklagte van verkragting en een van seksuele aanranding van minderjariges.
Pretoria-egpaar gevind
Nico (53) en Karin (51) Jordaan, ʼn egpaar van Pretoria wat Maandag op pad na Botswana spoorloos verdwyn het, is gevind.
Nuuskommentaar: Praat Duduzane se pa die waarheid?
“Duduzane se pa” het gister weer in die parlement ’n uithalervertoning gelewer wat Pinocchio na die kroon sou steek, en wat die presidentsamp deur die modder gesleep het. Of word Zuma ’n groot onreg aangedoen as sy presidentskap as patronaatskap (en ander lelike goed) genoem word? Hou hy eintlik suiwer by die waarheid en het nog nooit iemand aan ’n staatskontrak gehelp nie?
Tekenprent: ‘Studiegeld’ van R14 miljoen oorbetaal
ʼn Administratiewe fout het daartoe gelei dat ʼn reusebedrag van R14 miljoen in ʼn student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU) in Oos-Londen se persoonlike bankrekening gedeponeer is.