Die man wat daarvan verdink word dat hy ʼn verkeersbeampte en haar ma verlede maand in hul huis doodgeskiet het, het Vrydag in die hof verskyn.
Lees meerAlles vir Sondag 3 September 2017
Bejaarde Potch-egpaar: Victor sterf weke later in hospitaal
Die man wat in Augustus saam met sy vrou op hul kleinhoewe in Potchefstroom oorval en vir ure met onder meer olie gemartel is, is vanoggend oorlede.
Twee dwelmlaboratoriums, miljoene se dwelms gevind
Dié vondse is die afgelope naweek in huise in onder meer Midrand en Randfontein gemaak.
Mbalula aan polisie: ‘Julle moet beter skiet’
“Julle moet verbeter, insluitend jul skietvermoë. Julle moenie mis skiet nie. Kom kyk na my as ek skiet, ek skiet nie mis nie. Ek skiet reguit en baie, baie vinnig. Ek kan terselfdertyd skiet en kruip. Almal van julle moet waaksaam wees, want misdadigers is brutaal; hulle neem ons geliefdes van ons af weg.”
Motoriste sal binnekort moet uithaal en wys
Motoriste sal vanaf 5 September aansienlik meer moet opdok vir brandstof.
Twee dood, een kritiek ná skietery by drankwinkel
Twee mans is dood en een kritiek gewond ná ʼn skietery by ʼn drankwinkel in CR Swartweg in Roodepoort.
Student verdrink ná golf haar en 5 ander van rots afslaan
Die student is net ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Man bedrieg SAID met honderde duisende
Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Abdul Karriem het vandeesweek in die Bellville-landdroshof verskyn vir bedrog wat hy tussen 2014 en 2015 gepleeg het.
Kampioen neem voortou met puik tweede helfte
ʼn Puik vertoning in die tweede helfte van hul kragmeting Saterdag in die Curriebeker- Eerste Liga het die verdedigende kampioen in staat gestel om die vroeë voortou in die reeks te neem.
Derde keer skeepsreg vir Proteas
Derde keer skeepsreg!
Man vas ná seun ontvoer en in drein aangehou is
Volgens Mokgwabone is die seun in ʼn ou drein gevind.
Polisiebeampte vermoor deur ‘geestesversteurde’ gevangene
“Sy het toe ewe skielik op die beampte gespring, haar aan die hare gegryp en haar kop verskeie kere teen die muur geslaan. Sy het haar ook in die nek gebyt.”
Curriebeker: die deur kan vir die Vrystaat Cheetahs toeklap
Dit is alles goed en wel van die Suid-Afrikaanse rugbybase om van die Cheetahs te verwag om hul sterkste span in die nuwe Pro14-reeks te laat speel, maar dit kan die Vrystaatse Cheetahs miljoene rande in die Curriebekerreeks laat verloor.
Ramaphosa sê ‘seksskandaal’-bewerings is politieke vuilspel
Hy het verder gesê daar is die afgelope paar weke al aantygings teen hom en mense wat hy ken gemaak. “Die aktiwiteite moet in die groter prentjie gesien word: al die mense wat geteiken word, het in die openbaar standpunt ingeneem teen staatskaping. Dit is duidelik daar is ʼn gekoördineerde, goed nagevorsde operasie aan die gang om dié van ons te keer wat diegene wat oortree, verantwoordbaar wil hou,” het Ramaphosa gesê.
Pro14: Cheetahs en Kings vir die wolwe gegooi
Die vertonings van die Cheetahs en Southern Kings in die eerste ronde die Pro14-rugbyreeks is nie goeie leesstof op ʼn Sondagoggend nie.
7 maande oue baba sterf in botsing
“Die baba is buite die motor aangetref – ons vermoed die kind is uit die motor geslinger toe die vragmotor en motor gebots het.”
WO II: Die oorlog wat Hitler nie kon wen nie
Die wêreld herdenk op 3 September die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog 78 jaar gelede. Dit was die grootste en bloedigste konflik in die wêreldgeskiedenis, waarin meer as 70 miljoen mense dood is.
Gedagte vir die dag: Blydskap in swaarkrytye
Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry. Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. (1 Petrus 1:6-7, NLV)