Die lys van 12 kandidate wat as nie-uitvoerende direkteure van die SAUK-raad sal dien, sal na verwagting Dinsdag bekendgemaak word.
Alles vir Dinsdag 5 September 2017
Vandag se sportnuus
By die Amerikaanse Ope op Flushing Meadows sal Suid-Afrika se Kevin Anderson vandag in die kwarteindronde teen die 17de gekeurde Sam Querrey speel en in Netbal is die derde ronde van die Varsity-reeks is gisteraand gespeel en vier wedstryde is afgehandel.
Nuuskommentaar: Is Afrikaners skaam vir die verlede en bang vir die toekoms?
Gaan die Afrikaner op 10 Oktober hom in ’n demonstratiewe aksie vir die dag suksesvol aan die ekonomie onttrek kry? Of gaan dit weens ’n gebrek aan aktiewe en volmondige steun grootliks ’n galmende simbaal word?
Airlink ontken bewerings oor bedryfslisensie
“Die wanindruk wat deur die berig geskep is, het onnodige en ongegronde kommer gewek oor Airlink se status in die reismark, die lugvervoerbedryf en ander verwante sektore.”
Allister hoef niks te doen nie, die ARU het Wallabies gekelder
Gepraat van swak beplanning…
Uitdrukking: Iemand onbewimpel die waarheid vertel
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “iemand onbewimpel die waarheid vertel”
EFF in hof om Zuma te verwyder
Die konstitusionele hof sal na verwagting Dinsdag ʼn aansoek deur die EFF aanhoor om die bal aan die rol te kry sodat pres. Jacob Zuma uit sy amp verwyder kan word en aanspreeklik gehou word vir sy rol in die Nkandla-debakel.
Vrou in hof wat polisiebeampte glo in sel vermoor
ʼn Verhoorafwagtende gevangene wat na bewering ʼn polisiebeampte in ʼn sel in die KwaMhlanga-polisiestasie in Mpumalanga vermoor het deur haar kop teen ʼn muur te slaan, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Ondersoek na vliegongeluk ‘kan maande neem’
Dit kan maande neem om die oorsaak van die vliegongeluk in Magaliesburg te bepaal waarin twee jong mense Sondag dood is.
Dr. Amai Mugabe en ander ‘kamerade’
Ondanks die opposisiepartye se teenreaksie sal Suid-Afrika dus maar dr. Amai Mugabe en haar bedorwe seuns se manewales moet sluk – in die belang van solidariteit met die “kamerade” van die bevrydingsbewegings en hul massas “ekonomiese vlugtelinge”.
Seun (17) sterf toe motorfiets, bus bots
ʼn Tienerseun is dood toe hy by ʼn verkeersaansluiting in Brakpan met sy motorfiets teen ʼn bus gebots het.
Van Kuruman tot Cootamundra – die lied van ʼn volk in ‘verstrooiing’
Daar loop ʼn draad met baie kulturele kapitaal wat Afrikaners dwarsoor die wêreld aan mekaar bind en dié draad moet ons erken en ontgin.
Gedagte vir die dag: Wees heilig!
Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Julle totale leefstyl moet nou heilig wees, soos God heilig is. (1 Petrus 1:14-15, 2006-NLV)