Die Bell Pottinger-debakel het weereens ʼn duidelike waarskuwing aan buitelandse maatskappye gestuur dat Afrika en sy mense nie op hul baadjies getakseer moet word nie.
Alles vir Vrydag 8 September 2017
Grootbrak-moorde: ‘Werker’ hoor sy lot
Tamsamqa Howard Sishuba (26), een van twee mans wat verdink word van die wrede moord op Tewie (72) en Eurika (62) Human in Grootbrakrivier in die Wes-Kaap, het Donderdag sy lot in die Mosselbaai-hooggeregshof aangehoor.
Mexiko-aardbewing: Kragtigste in 100 jaar; sterftes aangemeld
Een van die kinders is dood in ʼn hospitaal ná ʼn kragonderbreking veroorsaak het dat lewensondersteunende apparaat ophou werk het.
GB: ‘strawwer toernooi as verlede jaar wag’
Groep vir groep wag daar vanjaar ʼn strawwer Goue Bekerreeks as wat verlede jaar die geval was.
Hof sê of Motsoeneng moet betaal
Die kostebevel-aansoek het gekom nadat die SAUK 8 suksesvol was in hul hofaansoek om hul afdanking deur die openbare uitsaaier teen te staan.
Akademia sprei sy vlerke na buurland
Paul Vogel, Akademia se operasionele bestuurder, verduidelik dat daar versoeke vanuit Namibië se Afrikaanssprekende geledere gekom het om ’n studiesentrum in die buurland te open.
Redakteursbrief: Stories wat ʼn verskil maak
Jongmense wat besluit om joernalistiek te studeer, doen dit kwalik omdat hulle “ʼn verskil wil maak”. As mens dít wil doen, gaan studeer jy immers medies, of teologie, of sielkunde. Nogtans is ek telkens verras om te sien watter groot verskil ʼn joernalis kan maak wie se hart op die regte plek is, skryf Susan Lombaard.
Voertuie in Sandton glo met petrolbomme gegooi
“Mense wat hulle skuldig maak aan geweld en intimidasie, sal vervolg word.”
[Video] Woef dans te lekker saam
Ontmoet Secret, sy is ʼn Australiese skaaphond wat oulike Ierse danspassies saam met haar eienaar, Mary, uitvoer.
Groot hartseer oor baba Mienke: ‘God het die laaste sê’
“In een sekonde het dit gevoel of ons wêreld uitmekaar val. [Daar is] duisende vrae. Hoekom? Waarom? Trane van hartseer en pyn loop onophoudelik. Geen kind verdien dit nie. Geen ouer verdien dit nie. My pop, God het die laaste sê.”
Plaasmoordverdagte ontsnap uit polisiesel
Die slagoffer se vrou het op haar Facebook-blad ʼn beroep op mense gedoen om saam met haar te bid dat die verdagte weer in hegtenis geneem sal word.
TV-evangelis hoor vandag oor borgtog
Die Nigeriese pastoor word van mensehandel en die seksuele misbruik van nagenoeg 30 meisies in Suid-Afrika beskuldig.
[Resensie] ‘30 Years, 90 Minutes’: Nataniël weergaloos ná 30 jaar
Weinig dinge van waarde kan begin én voltooi word binne die bestek van 60 sekondes: Hoër gehalte en selfs hoër waarde verg meer tyd juis omdat elke aksie eers aandagtig ondersoek en evalueer moet word voordat dié aksie uiteindelik gestalte kry.
Sonstorm: TV, internet en selfone dalk geraak
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap (Sansa) het gesê die grootste sonvlam wat in die afgelope tien jaar vrygestel is, kan Vrydag probleme veroorsaak met tegnologiese stelsels.
Duitsland staan voor ’n verkiesing
Oor ’n rapsie meer as twee weke vind ’n algemene verkiesing in Duitsland plaas. In ’n sekere sin is dit ’n vervelige en voorspelbare verkiesing. Niemand twyfel ernstig daaraan dat die kansellier weer Angela Merkel sal wees nie. Die vraag is hoogstens met watter koalisievennoot sy sal regeer.
Woord: marathon
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “marathon” en waarom dit 42.195 km lank is.
Nuuskommentaar: Staatskapers kry waardigheid en dromers duik
Die minister van binnelandse sake weier om die Guptas se SA burgerskap op te skort sou hulle alles hier verkoop en na Dubai verhuis, want sy wil nie hul waardigheid aantas nie.
Lindie Strydom: Jou persoonlike beste
“Wat ek geniet van ʼn PB is die feit dat dit persoonlik is, dat dit joune is en dat dit jou heel beste is, m.a.w. as jy teen jouself moes hol of spring of gediggie opsê, het jy sopas jouself gewen – jy kompeteer teen jouself!” skryf Lindie Strydom.
Onnie van spogseunskool weer in hof
Die onderwyser van ‘n spogskool in Johannesburg wie glo talle leerders seksueel geteister het, sal Vrydag in die Johannesburg-hooggeregshof verskyn.
Tsoenami-waarskuwing uitgereik ná aardbewing
ʼn Tsoenami-waarskuwing is uitgereik nadat ʼn kragtige aardbewing met ʼn sterkte van 8 Mexiko getref het.