Die twee halfeindrondes in die vroue-enkelspel het Donderdag ʼn verrassing opgelewer toe Venus Williams in die vroue-enkelspel uitgeskakel is. Maar Suid-Afrika se fokus is op Vrydagaand.
Alles vir Vrydag 8 September 2017
Tekenprent: ‘Ons kom vir julle, misdadigers’ – Mbalula
Die tekenprentkunstenaar gee sy interpretasie van polisieminister Fikile Mbalula se uitlatings.
Vandag se sportnuus
Die fokus by die Amerikaanse Ope val op die halfeindwedstryde wat gister begin het.
Rugbykampioenskap: All Blacks wil Pumas se tjank aftrap
Die Argentynse Poemas kan die Bokke ʼn baie groot guns bewys wanneer hulle Saterdag in New Plymouth teen die All Blacks in ʼn toets in die Rugbykampioenskap speel, maar ons glo tog sekerlik nie aan die tandemuis nie.
Rugbykampioenskap: knoop dit tog net in die sakkie toe
Dis ʼn toets wat jou ʼn beklemming gee, een wat vooraf al die verwagtinge skep maar waar dinge verkeerd kan loop.
Grondgrype: Polisie en Tshwane-metropolisie moet opdok
“Grondeienaars moet aanhou teëstand teen ongegronde grondgrype bied en die regte prosesse volg om te verseker dat hul eiendomsreg doeltreffend beskerm word.”
‘ANC-lyfwag met AK47 moet in hegtenis geneem word’
“Die ANC moet verduidelik hoe sy lyfwagte in besit van ʼn wapen soos hierdie kon kom.”
Honde snuffel duisende rande se kokaïen op vliegtuig uit
“Die kokaïen was in twee afsonderlike toiletstalletjies in kompartemente weggesteek”.
Hoe voorspel mens Noord-Korea se spel met vuur?
In Oos-Asië pak donker oorlogswolke saam namate Noord-Korea toenemend sy middelvinger vir die internasionale gemeenskap wys. Dis van daardie diktatuur dat die lewe van miljoene mense in Asië – en dalk ook in die VSA – afhang.
Gedagte vir die dag: Stene in God se gebou
Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis, om ’n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. (1 Petrus 2:5)
Goue Beker: 2 klubs diep in die skuld by Saru
Twee van die klubs wat van Saterdag aan die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale klubreeks om die Goue Beker deelneem is diep in die skuld by die nasionale beheerliggaam.
Goue Beker: Fel klubstryde gooi reeks wyd oop
Slegs agt van verlede jaar se 20 spanne het die fel mededingende provinsiale klubligas oorleef om vanjaar weer die Goue Bekerreeks te haal, en die deur na die troonkamer staan wyd oop wanneer die reeks Saterdag afskop.
CB-kleinboet kan ouboet in die skadu stel
ʼn Wesenlike gevaar bestaan dat die Curriebeker- Eerste Liga Saterdag groter belangstelling kan uitlok as wat dít wat veronderstel is om die ware Jakob te wees.
Pumas al wat vir CB-opflikkering kan sorg
Die Pumas is al span wat Vrydag ʼn bietjie opflikkering aan ʼn flou Curriebekerprogram kan verskaf.
Namibiërs staan 4 toetsspelers aan klubreeks af
Namibië se Welwitschias speel Saterdag sonder vier van die span se toetsspelers wat die Oostelike Provinsie help klop het, omdat hulle aan die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale klubreeks om die Goue Beker deelneem.