Die Westelike Provinsie span twee nuwe stutte in sy opdrafspan in vir Vrydag se Curriebekerwedstryd teen die Pumas in Nelspruit.
Lees meerAlles vir Woensdag 13 September 2017
Allister, kies tog Ruan Dreyer se skrumkrag bo Nyakane
As die Bok-afrigter, Allister Coetzee, sy kaarte reg speel, sal hy Ruan Dreyer bo Trevor Nyakane in die Springbokke se opdrafspan vir Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap teen die All Blacks in Albany kies.
Ouers sterf ook toe hulle 11-jarige uit vulkaan wou red
Drie persone, ʼn 11-jarige seun en sy ouers, is dood toe hulle in kokende modder in ʼn vulkaniese krater in Italië geval het.
Boeregemeenskap moet homself beveilig
Die mees onlangse plaasaanval op ‘n plaas in die Bela-Bela (Warmbad)-omgewing waartydens ʼn 73-jarige boervrou vermoor en haar 82-jarige man ernstig beseer is, dien opnuut as bewys dat die ANC-regering nie ernstig is oor landelike beveiliging nie, sê die VF Plus.
Oos-Kaapse sakeman vas oor bedrog van R24 miljoen
ʼn Oos-Kaapse sakeman sal na verwagting hierdie week in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn op aanklag van bedrog ter waarde van ongeveer R24 miljoen.
Pumas kies Bok op bank teen Streeptruie
Die Pumas het ʼn Springbokflank op die bank gekies vir Vrydag se Curriebekerwedstryd in Nelspruit teen die Westelike Provinsie.
Tesourie gee R10 miljard vir SAL
Die Nasionale Tesourie het ingestem om ʼn spesiale toewysing van R10 miljard voor die einde van September aan die SAL oor te betaal.
ANC KZN sê hy het nie toestemming nodig om uitspraak te daag nie
Die ANC in KwaZulu-Natal het nie toestemming van die party se nasionale uitvoerende komitee nodig om te besluit of hy aansoek sal doen om appèl ná Dinsdag se uitspraak in die hooggeregshof nie.
10-jarige brand met kookwater in Lydenburg
ʼn 10-jarige seun het ernstige beserings opgedoen nadat hy met kookwater gebrand het in Lydenburg, Mpumalanga.
ToekomsVenster: Die verheerliking op die berg
Wie kan die heerlikheid van God aanskou en bly lewe?
Bylmoorde: Marli se bloed nie op Henri óf byl nie
Dít ondersteun Henri se weergawe dat hy nie naby sy suster was toe sy aangeval is nie en dat daar moontlik meer as een aanvaller betrokke was.
Reuseskikking namens benadeelde SAPD-lid bereik
“Ons begin al hoe meer bespeur dat daar ʼn mate van mismoedigheid by polisiebeamptes posvat, en wil deur sake soos hierdie ʼn baken van lig en hoop wees in donker tye.”
Wat ouers moet weet oor kinders se loopbane
Gegewe hoe belangrik jou aanvanklike keuse van naskoolse studie is, word daar eintlik bitter min tyd daaraan spandeer. Geen wonder nie dat baie studente jaarliks van kursus verander, ophou of klaarmaak met die wete dat hulle in die verkeerde rigting geswot het.
Samsung wil Apple só troef met slimfoon
Apple en Samsung is al vir etlike jare teenstanders – veral in die wêreld van slimfone – en dit kom as geen verrassing nie dat dié reus Apple se jongste slimfoon wil troef.
Betogings woed voort in Kleinmond
“Die betogers wil hê ek moet daar in die gebied waar die geweld aan die gang is ingaan en hulle kom toespreek, maar die polisie het gesê hulle kan nie my veiligheid waarborg nie.”
Hof sê of ‘kleinhoewe-martelaars’ se verhoor voortgaan
Uitspraak is Woensdag gelewer in ses mans, wat daarvan aangekla word dat hulle Floris Johannes Kruger (60) op ʼn kleinhoewe gemartel en vermoor het, se aansoek dat die saak teen hulle gestaak word.
Beurtkrag: Dié dorpe binnekort geraak
Talle dorpe se kragvoorsiening gaan binnekort weer vir tydelike periodes onderbreek word.
Het Pro14-base dan geglo SA spanne sal gou kook?
Daar is reeds ʼn gebrom in die Noordelike Halfrond oor die teleurstellende vertonings van die Cheetahs en die Southern Kings in die eerste twee weekrondes van die Pro14-reeks, maar wat het hulle verwag?
Almal gons oor ‘skrikwekkende’ Diana-huldeblyk
ʼn Huldeblyk aan die ontslape prinses Diana – ʼn kunswerk gemaak uit blomme wat die prinses se gesig uitbeeld – versprei om die verkeerde redes op sosiale media. Talle beskryf die kunswerk as “skrikwekkend”.
Mediahuis moet miljoene opdok vir skadevergoeding
Dit is glo die meeste geld ter skadevergoeding nóg wat al in die geskiedenis vir soortgelyke sake uitbetaal is. Die mediahuis is glo ongelukkig oor dié bedrag wat “buitengewoon hoog” is.