Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, skryf vir Tumi Morake van Jacaranda FM
Alles vir Donderdag 14 September 2017
Nuuskommentaar: Vonk in die kruitvat
Die onluste op Kleinmond moet deeglik ontleed word en aandag kry voordat dit na ander plekke met soortgelyke situasies versprei.
Kleinmond rustig ná betogings
Talle mense is intussen in hegtenis geneem terwyl nuwe eise deur die betogers aan die lig gekom het.
KFC-voorval: Beskuldigdes weer in hof
Die mans word daarvan beskuldig dat hulle Jacob Sono en sy vrou, Dudu, op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het.
Boek van die maand (resensie): ‘Rooi haring’ deur Schalk Schoombie
Schalk Schoombie se jongste roman, “Rooi haring”, is ʼn “troosroman”, een wat ʼn uitweg bied na ʼn wêreld van kos, glansganse én mediameelopers, gekenmerk deur naywer wat wrewel word en eindelik uitloop op moord, skryf Johan Myburg. “Rooi haring” is Maroela Media se boek van die maand.
Om te aborteer, of nie
My hart breek soos ek hier sit en lees deur jou brief. Om per e-pos te kommunikeer is nie die ideaal nie, maar ek verstaan heeltemal dat dit vir jou moeilik is om enigiemand in die oë te kyk en hardop te sê wat die keuse is waarmee jy stoei: “Moet ek aborteer, of moet ek die baba hou?”
Vandag se sportnuus
Die Bokspan vir Saterdag se Kampioenskapswedstryd teen die Kiwi’s is bekend gemaak.
[Foto’s] Reikafstand g’n probleem vir nuwe Leaf
Die motorvervaardiger Nissan het verlede week hul nuwe Leaf in Yokohama, Japan, bekend gestel.
Engeland speel in 2018 drie toetse in SA
Suid-Afrika se rugby-wittebrood is verby. Aanstaande jaar gaan hulle nie teen die Franse drie losmakers voor die Rugbykampioenskap kan speel nie.
Bok-toerkeurders vat toe wel raak
In die ou dae is die plaasvervangersbank uitsluitlik gebruik om beseerde spelers te vervang; deesdae is die bank amper belangriker as die 15 spelers in die opdrafspan.
Manana ondergaan terapie ná aanranding
Die voormalige adjunkminister van hoër onderwys, Mduduzi Manana, het Woensdag gesê hy ondergaan terapie, terwyl hy buite die Randburg-landdroshof om verskoning gevra nadat hy drie vroue aangerand het.
Man vas oor liggaamsbou-steroïde
Mouton Conradie (21) van Paarl in die Wes-Kaap het Woensdag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn in verband met onwettige liggaamsbou-steroïde.
Spoedvraat ry 241 km/h in Gauteng
ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem wat teen 241 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery het.
Gedagte vir die dag: Die volmaakte offer
Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring. (1 Petrus 3:18)