Swallows van Mdantsane (Grens) het Sondag getoon hy sal moeilik uit die kwarteindronde van die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale Goue Bekerreeks gehou word.
Lees meerAlles vir Sondag 17 September 2017
Hansen oorweeg twee spanne vir laaste twee toetse
Die hoofbeampte van SA Rugby, Jurie Roux, en die president Mark Alexander se belaglike voorstel dat Suid-Afrika ʼn Noordelike en Suidelike nasionale span moet oorweeg, lyk allermins verspot as die All Blacks in die rigting skimp.
Wêreldwatermoniteringsdag gevier
“Baie mense is nie bewus van die impak wat hulle gedrag op die kwaliteit van water het nie. Deur selfs net basiese moniteringstoetse op water uit te voer, kan mense die mees algemene indikators van die welstand van waterbronne leer ken.”
Nuwe forensiese laboratorium word in Wes-Kaap gebou
Konstruksiewerk het begin om die bestaande forensiesepatologie-laboratorium in Soutrivier, Kaapstad, te vervang met ʼn groter moderne fasiliteit wat by die ingang van die Groote Schuur-hospitaal in Observatory gebou word.
Taxistaking Maandag in die Wes-Kaap
Verskeie eenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Wes-Kaap staal hulself vir die beplande taxibetoging wat Maandag, 18 September 2017, begin.
Noordwes-boer vas oor poging tot moord
ʼn Boer is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van ʼn man in Majakaneng naby Brits, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.
Pro14-reeks: nie veel vir die Kings om na uit te sien nie
Dit gaan ʼn lang, koue en nat winter vir die Southern Kings in die Pro14-reeks wees.
Curriebekerrugby laat die hare steeds rys
Afgewater?
Vyf treë vorentoe, tien agteruit
Die Springbokafrigter, Allister Coetzee, sê hy wil eers kyk wat fout gegaan het in Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap toe die All Blacks die Bokke met 57-0 in Albany verneder het voordat daar oorhaastige besluite geneem word.
DA oorhandig KPMG-verklaring aan Valke vir ondersoek
Die Demokratiese Alliansie het KPMG Internasionaal se verklaring aan die Valke oorhandig om hulle by te staan met hul voortgesette ondersoek oor die omstrede Gupta-familie.
82-jarige ouma in Limpopo vermoor
Die polisie in Limpopo is op soek na die verdagtes wat ʼn bejaarde vrou Saterdagaand in Jane Furse in Limpopo vermoor het.
‘Ma, jou plek is nou leeg’
“Ma, jou plek is nou leeg, ‘n hap uit ons siele, maar in ons harte sal jou liefde altyd voortleef.”
[Foto’s] Stormsterkwinde in Durban
Stormsterkwinde het die afgelope naweek verwoesting gesaai in en rondom Durban en verskeie bome het omgeval.
‘Dwelmhandelaars’ bied glo R100 000 omkoopgeld aan
Een van die verdagtes wou die beamptes omkoop. Sy het R100 000 kontant vir die beamptes aangebied, maar hulle het geweier om betrokke te raak by enige korrupsie.
Man verdrink in Albert Falls-dam
ʼn 56-jarige man het in die Albert Falls-dam in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, verdrink.
Ministers veroordeel brandstigting by skoolperseel in George
Die departemente van onderwys, vervoer en openbare werke het brandstigting op die konstruksieperseel van Thembalethu Secondary School in George veroordeel.
Droogte teister vrugteboere in Wes-Kaap
Bladwisselende vrugteboere in die Wes-Kaap oorweeg gebeurlikheidsplanne vir die komende seisoen, terwyl die droogte in die Wes-Kaap en dele van die Oos-Kaap voortduur.
Polisiebeamptes vas oor omkoopgeld
Twee beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering omkoopgeld van ʼn dwelmhandelverdagte aanvaar het.
3 dood, 5 beseer tydens Meyerton-ongeluk
Drie persone is Saterdagmiddag dood en vyf beseer nadat twee voertuie op die R551 in Meyerton in Gauteng gebots het.
Gedagte vir die dag: Gereed vir die wederkoms!
Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms. (1 Petrus 4:12-13)