Leinster, wat Vrydagaand (20:00 SA tyd) teen die Cheetahs in Bloemfontein speel, is een van net vier van die 14 spanne in die Pro14-reeks wat na drie wedstryde nog nie verloor het nie.
Lees meerAlles vir Donderdag 21 September 2017
Rekordhouer nuwe Bolandse kaptein
Die speler wat die rekord hou vir die meeste wedstryde vir die Boland, lei Saterdag die bond in sy kragmeting in die Curriebeker- Eerste Liga teen die Valke in die Bosmanstadion, Brakpan.
Drie Bok-groeplede versterk Streeptruie
Die Westelike Provinsie het sy opdrafspan vir Saterdag se wedstryd teen Griekwas op Nuweland met drie terugkerendes uit die Springbok-kamp versterk vergeleke by die span wat teen die Pumas verloor het.
Vrystaatse Cheetahs: is dit paniek of diepte?
ʼn Mens kan nie help nie om te wonder of dit paniek of diepte is, as die Vrystaatse Cheetahs 12 man verander aan die opdrafspan wat die jongste Curriebekerstryd met 14-57 teen die Westelike Provinsie verloor het.
Petroljoggie, veiligheidswag tydens transitorooftog geskiet
ʼn Petroljoggie en ʼn veiligheidswag is Donderdagoggend tydens ʼn gewapende roof by ʼn vulstasie geskiet.
Droogte-krisis: Boer neem glo eie lewe
“Andries le Roux (38) se vrou, Esti, is gebroke en kan om verskeie redes nie teruggaan plaas toe nie.”
‘Dwelmmuil’ by lughawe vasgetrek
“Sy is onder waarneming geplaas nadat daar vasgestel is dat sy 100 sakkies vol kokaïen ingesluk het.”
Pollard haal bank (net-net) vir Blou Bulle
Dit was so hittete of die Springbok Handrè Pollard het glad nie die Blou Bulle se span teen die Sharks Saterdag in Durban gehaal nie. Nou sit hy darem op die bank.
Twee pleit ná DOV-inbraak
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle by die direkteur van openbare vervolging (DOV) se kantoor in Pretoria ingebreek het, het Donderdag weer in die stad se landdroshof verskyn.
ToekomsVenster: Aanleiding tot afvalligheid
Een voet in die wêreld en een in die koninkryk van God werk nie.
Dlamini-Zuma as LP ingesweer
Kort nadat die ANC bekend gemaak het dat Dlamini-Zuma in die parlement ontplooi gaan word, was bespiegeling groot dat dié stap op ʼn kabinetskommeling sal afstuur.
Ses tuiswedstryde uit eerste agt gaan aan Lions se sak pluk
Vir die Lions, die verloorspan in die afgelope twee jaar se Super-eindstryd, is die loting vir aanstaande jaar se Super15-reeks wat op 17 Februarie begin nie net goeie nuus nie.
Die pen se skerpkant
Suid-Afrika se taalregister moet verruim word met begrippe soos minderheidsregte, selfbeskikking, multi-kulturele ruimtes, ekonomiese werklikhede en afwentelende demokrasie.
Bylmoorde: Verdediging sê oor Henri se getuienis
“Die moeilikste besluit wat ʼn verdediging kan neem, is om ʼn kliënt op te roep of nie.”
Rassespanning in SA ‘ʼn geweldsiklus’
Dit is nou die tyd om ʼn openhartige en gebalanseerde debat in Suid-Afrika te begin oor die seer en vernedering in die land se geskiedenis sodat die siklus van geweld en trauma tot ʼn einde kan kom.
Kinders ure ná ontvoering gered
Twee jong meisies van Port Elizabeth is Donderdag in die vroeë oggendure ná ʼn grootskaalse soektog gevind nadat hulle Woensdag ontvoer, aangerand en na bewering verkrag is.
Terugslag vir pa ná kleinhoewe-aanval
“Het hierdie kind van my nie ʼn reg op goeie mediese hulp in die land nie? Hy is geskiet toe hy sy vrou en vier kinders tydens ʼn kleinhoewe-aanval beskerm het.”
Namibiërs verander op groot skaal ná loesing
Agt veranderings aan die Welwitschias se opdrafspan en ʼn volkome nuwe bank teen die Suidwestelike Distrikte in Windhoek volg op die Namibiërs se loesing van 29-78 teen die Luiperds in die Curriebeker- Eerste Liga.
Seun (13) sterf ná beweerde boelie-voorval by skool
ʼn Ambulans is na die gesin se huis ontbied, maar die seun het voor hul aankoms by die huis gesterf.
Tel jou woorde: Intensiewe vorme, Noag en die kanon
“Ek maak daarom vir my eie verwysing ‘n lys intensiewe vorme bymekaar sodat ek kan help as iemand vra. Dis indrukwekkend, hoor. Bladsye lank, uit verskeie bronne saamgestel – papier en digitaal – sommige ouer as my ouers, ander eergister nog bygewerk,” skryf Sophia Kapp.