Wag daar vanjaar dalk weer ‘n sprokiesverhaal in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale oopklubreeks om die Goue Beker?
Lees meerAlles vir Saterdag 23 September 2017
Met sulke rugby wag nog heelwat slae op die Kings
So verrassend goed as wat die Cheetahs Vrydagaand in hul oorwinning oor Leinster was, net so teleurstellend was die Southern Kings Saterdagaand teen Zebré in hulle Pro14-wedstryd in die Baai.
Griekwas nie mans genoeg vir Streeptruie
Griekwas was Saterdag op Nuweland in Kaapstad nie mans genoeg vir die Westelike Provinsie in die reeks om die Curriebeker nie.
‘Liggaam’ in oprit het bure op hol
ʼn Oënskynlike liggaam van ʼn man wat in ʼn huis se oprit onder ʼn motorhuisdeur vasgevang is, het vandeesweek paniek in Greenville in Texas in die VSA veroorsaak.
ANC-hoës bepeins KZN-leierskapstryd
Die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) van die ANC het Vrydag gesê hoewel die party die uitspraak respekteer van die hooggeregshof in Pietermaritzburg in die saak tussen twee ANC-faksies in KwaZulu-Natal, het die topstruktuur van die party besluit om regsadvies in te win oor hoe om die saak verder te hanteer.
Nóg ʼn aardbewing ruk Meksiko
ʼn Aardbewing van 6,2 het Saterdag die suide van Meksiko geskud, enkele dae nadat ʼn aardbewing van 7,1 Dinsdag die lewens van minstens 296 mense geëis het.
Studie toon wêreld se stresvolste stede
Die maatskappy het hieruit ʼn lys van 150 stede saamgestel, van die minste tot die mees stresvolle stede, en twee Suid-Afrikaanse stede het ook die lys gehaal.
Sharks beter in die nat weer, Bulle sukkel
Die bal was nat, albei spanne wou hardloop en die foute was te veel. Die gevolg was ʼn interessante maar nie baie goeie wedstryd Saterdag op Kingspark in Durban nie.
SA aktrise verwelkom pienkvoet
Die aktrise het vroeër gesê sy en haar man sien die swangerskap as ʼn “skat uit die hemel”.
Ses mans sterf toe voertuigband bars
Die bestuurder en vyf passasiers is op die toneel deur noodpersoneel dood verklaar.
Beampte vasgetrek wat glo omkoopgeld eis
ʼn Werknemer van ʼn kontrakteur wat dienste aan City Power in Johannesburg verskaf, is in hegtenis geneem nadat daar vir haar ʼn lokval gestel is.
Spanje: Katalaanse referendum in die wiele gery
Die Katalaanse regering beplan om op 1 Oktober ʼn referendum oor onafhanklikheid te hou. Katalaanse amptenare wat die referendum help reël, is in hegtenis geneem en departemente van die streeksregering is beset deur die Guardia Civil, die militêre polisie.
[Foto’s] Man kritiek ná vliegongeluk
ʼn Man is Saterdagoggend in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas nadat hy by ʼn vliegveld in Orient Hills in die Magaliesburg-omgewing in ʼn vliegongeluk betrokke was.
Muffins laat 20 leerders in hospitaal beland
Altesaam 20 leerders van ʼn hoërskool in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo moes Vrydagmiddag na hospitale geneem word nadat hulle almal maagpyn ontwikkel en begin braak het.
PA kap na Trollip oor adjunk-pos
Marlon Daniels, raadslid van die Patriotic Alliance (PA) in Nelson Mandelabaai, het burgemeester Athol Trollip Vrydag daarvan beskuldig dat hy ʼn diktator is omdat hy nie wil hê die vakante pos van adjunkburgemeester moet gevul word nie.
Tien sterf in gru-ongelukke in Mpumalanga
Tien mense is dood en vyf ander is ernstig beseer in twee gru-ongelukke Saterdagoggend in Mpumalanga.
[Video] ‘Skietvoorval’ op plaas: Gemoedere loop hoog by hof
Die polisie se taktiese reaksie-eenheid is na die hof ontbied om orde te handhaaf.
Kings se beurt om hul slag te toon
Die Southern Kings kan, soos die Cheetahs Vrydagaand teen Leinster, wys dat hulle die afgelope week hard gewerk het voor Saterdagaand (19:35 SA tyd) se Pro14-wedstryd teen Zebré in die Nelson Mandelabaai-stadion
Man sterf, vrou en kind kritiek ná botsing
“Paramedici het ʼn man, vrou en ʼn kleuter in die motor gevind. Die man het veelvuldige beserings opgedoen en het geen tekens van lewe getoon nie.”
Gedagte vir die dag: ’n Lamp in die donker
Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte. (2 Petrus 1:19)