Dis nog vier jaar voor die 2021-toer van die Britse en Ierse Leeus deur Suid-Afrika, maar reeds blyk dit dat ondermeer die swak plaaslike rugbygehalte ondersteuners van die geleentheid sal ontneem om ʼn volle Leeutoer te ervaar.
Lees meerAlles vir Maandag 25 September 2017
‘Swaarste vrou in die wêreld’ sterf
ʼn Egiptiese vrou wat op ʼn tyd as die swaarste vrou in die wêreld gesien is, het Maandag in die ouderdom van 37 gesterf.
Gigaba wil OBK sien oor pensioengeld-bewerings
Malusi Gigaba, minister van finansies, het Maandag bewerings ontken dat hy fondse van die Openbare Beleggerskorporasie (OBK) wil gebruik om sukkelende staatsondernemings uit finansiële moeilikheid te help.
‘Boelie-voorvalle moet reg hanteer word’
Die media het die afgelope paar weke oor verskeie boelie-voorvalle berig, onder meer die dood van Louis de Jonge, ʼn 13-jarige leerder van Benoni wat verlede week gesterf het nadat hy glo by sy skool onder boelies deurgeloop het.
Betoging vlam op in Strand; N2 gesluit
Altesaam 17 mans en twee vroue is in hegtenis geneem.
ToekomsVenster: God is die groot brugbouer
Wat hou my gedagtes die besigste? Alles wat verkeerd is in die land? Of dink ek oor God wat alles en almal in Sy hand hou?
Frankfort-boer in waakeenheid ná aanval
“Die volgende oomblik het ek ʼn geweldige harde knalgeluid gehoor. Toe ek by die venster uitkyk, het ek gesien hoe Johnny iemand wegstamp. Toe besef ek hier is groot moeilikheid.”
Polisielid sterf toe verdagtes losbrand
“ʼn 14-jarige omstander is ook gewond en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.”
Motoriste gewaarsku teen kapings in NW
Die polisie in Noordwes het motoriste gewaarsku om bewus te wees van kapers se werkswyse nadat ʼn aantal bestuurders die afgelope paar weke slagoffers van kapers geword het.
Pasgebore baba in begraafplaas gevind
“ʼn Man het glo deur vullis in die begraafplaas gegaan toe hy op die plastieksak afgekom het.”
Ramaphosa in Londen vir RWB-voorlegging
Die presidensie het gesê Ramaphosa se deelname en leierskap in hierdie afvaardiging na Londen simboliseer en bewys die regering se toewyding en ondersteuning om die toernooi terug na die Afrika-kontinent te bring.
Man in see vermis by Mosselbaai
Ondanks ʼn uitgebreide soektog is daar steeds geen teken van ʼn bemanningslid van ʼn boot wat Sondag vermoedelik in die see langs die kus by Mosselbaai beland het nie.
Nuuskommentaar: ’n Oorwinning wat soos ’n nederlaag voel
Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het weer ’n verkiesingsoorwinning behaal, maar die politieke landskap is goed geskud. Beide die CDU van Merkel, en haar (gedwonge) groot koalisievennoot, die SPD, het groot kiesersafvalligheid beleef.
Waar was die minuut se stilte?
Dis ʼn hartseersaak dat die Suid-Afrikaanse rugbybase nie van die oud-Springbokke wat oorlede is, behoorlik vereer nie.
Sewe sterf toe voertuig in dam beland
Die sewe oorledenes, waaronder ʼn dogtertjie van 3 jaar oud en ʼn babaseun van 10 maande oud, was almal deel van dieselfde familie.
SAUK sê jammer aan Dlamini-Zuma
Die SAUK het Sondag om verskoning gevra aan ANC-LP Nkosazana Dlamini-Zuma vir “onlangse foute wat in die nuusbulletins gemaak is”.
Vandag se sportnuus
Die eerste Laverbeker-kompetsie tussen Span-Europa en Span-Wêreld is gister in Praag afgehandel en die Moto GP van Aragon is gister gejaag.
Rekening met Merkel vereffen: AfD breek deur in Duitse verkiesing
Bondskanselier Angela Merkel se party het ná die Duitse parlementsverkiesing Sondag met 32.8% van die stemme ’n vierde keer gewen.
Pta-oord reageer ná vermiste seun (7) se dood
“Ons is trots op ons reputasie as ʼn veilige familieoord en ons sal alles in ons vermoë doen om die oorsaak van hierdie voorval vas te stel.”
Twee dood, 4 kritiek ná motor teen boom bots
“Reddingswerkers moes verskeie reddingstoerusting gebruik en het langer as ʼn uur gewerk om die insittendes uit die wrak te bevry.”