ʼn Gewese hulpafrigter van die Springbokke is aangestel as die hoofafrigter van die Amerikaanse nasionale span in die plek van John Mitchell, wat nou die Blou Bulle se rugbydirekteur is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 3 Oktober 2017
Nieu-Seelandse Bok-temmer sterf op 90
Die man wat die All Blacks in 1981 tot ʼn reeksoorwinning oor Wynand Claassen se Springbokke gebrei het, is op 90-jarige ouderdom in New Plymouth oorlede.
Raad sal ondersoek oor KPMG se werk vir Guptas bespoedig
Die onafhanklike regulerende raad van ouditeure (Irba) het Dinsdag gesê hy het met KPMG Internasionaal se voorsitter Bill Thomas vergader en hom gemaan om sy volle samewerking te gee met die ondersoek oor die werk wat die ouditeursfirma vir die Gupta-familie gedoen het.
Regeringshulp sal nie SAL help nie, sê Trevor Manuel
Die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, het Dinsdag gesê finansiële hulp van die regering sal nie die land se nasionale lugredery uit sy probleme help nie, en hou vol SAL moet erns maak met sy bestuur.
R62 miljard vir belastingterugbetalings
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Dinsdag gesê meer as 2,7 miljoen belastingbetalers het reeds sedert die belastingseisoen in Julie begin het, hul opgawes ingedien.
Studente eis beter sekuriteit ná verkragting, roof
Honderde studente van die Nelson Mandela-universiteit het Dinsdag op die kampus betoog ná die beweerde verkragting en roof van twee studente Maandagaand.
Rowers vinnig ná aanval aangekeer
Twee verdagtes is vinnig aangekeer ná ʼn aanval in Kirkwood in die Oos-Kaap waar vyf gewapende mans op ʼn huis toegeslaan het.
Treindrywer aangeval toe hy pendelaars wou beskerm
Francois Gouws, ʼn treindrywer, is twee keer in sy linkerhand met ʼn skerp voorwerp gesteek nadat hy vroulike pendelaars van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) wou beskerm.
Aardklop: Kobus se Gat laat feesgangers vir 12 jaar smul
Die ‘roosterkoekstalletjie’ – soos honderde feesgangers na die gewilde Kobus se Gat-kosstalletjie verwys – staan vanjaar vir die 12de agtereenvolgende jaar op die Aardklop Nasionale Kunstefees se feesgronde.
[Video] Die Bult kreun onder Aardklop-feesgangers
Die Bult in Potchefstroom kreun vandeesweek behóórlik onder die duisende feesgangers wat na dié Noordwes-dorp gestroom het om die Aardklop Nasionale Kunstefees te ondersteun.
ToekomsVenster: Om jou sonde te bely
Vergewe ons en wees ons land genadig.
Vrou op ongelukstoneel vir hiënabyt behandel
Paramedici was op die toneel van ʼn vragmotorbotsing naby Lanseria besig toe die beseerde vrou daar opgedaag het.
Joernalis vas ná artikel oor ‘Grace Mugabe se gebruikte broekies’
ʼn Joernalis is in hegtenis geneem oor ʼn artikel wat hy oor die Zimbabwiese presidentsvrou, Grace Mugabe, geskryf het.
Vier ‘Avatar’-opvolgflieks duurste nóg
Volgens Lachlan Murdoch, hoof van 21st Century Fox, sal die Avatar-opvolgflieks “die duurste rolprente van alle tye wees”.
[Resep] Karringmelkbrood met kaas
Wees gewaarsku – as dié brood warm uit die oond kom, is dit onweerstaanbaar.
Vrou se long nog vol bloed ná weermaglid haar glo skiet
“Ek hoop inwoners kom ondersteun ons by die hof om te betoog dat daar daadwerklik teen die weermaglid wat haar geskiet het opgetree word. Lyk my dit is al wat werk.”
Jong man van Centurion verdwyn spoorloos
“My ouers is natuurlik in ʼn toestand, want ons weet net nie wat om van die saak te maak nie.”
Gesimuleerde stad baan die pad na Mars
Die Verenigde Arabiese Emirate het aangekondig dat hy ʼn gesimuleerde Mars-stad gaan bou.
10111-staking: ‘Meerderheid’ het teruggekeer werk toe
Die polisiebestuur is vasbeslote om met tugstappe te begin teen stakende 10111-operateurs wat nie Vrydag teruggekeer het na hul poste toe nie.
Strewe na selfbeskikking nie verkeerd, maar…
In beginsel is daar met ’n dergelike strewe na selfbeskikking niks verkeerd nie, mits aan sekere vereistes voldoen word.