Die reaksie op Saterdag se puik Springbokvertoning teen die All Blacks, laat onwillekeurig die vraag ontstaan hoe één punt in ʼn bestek van twee jaar só ʼn groot verskil kan maak.
Alles vir Maandag 9 Oktober 2017
Bylmoorde: Verdediging se eerste getuie geroep
ʼn DNS-kenner het Maandag getuig dat sy slegs 151 DNS-monsters ontvang het ten spyte van die feit dat 216 monsters bymekaar gemaak is.
Seuns aangerand, besteel toe hul Pokémons gaan jag
Twee laerskoolseuns is Saterdagmiddag aangerand en van twee selfone besteel toe hulle in Pretoria se Moot-gebied geloop en Pokémons vang het.
Karlien van Jaarsveld se pienkvoet gebore
Karlien van Jaarsveld en haar man, Joe Breytenbach, se dogtertjie is Saterdag gebore.
Herrie oor ‘rassistiese’ Dove-advertensie
“Ons is diep spyt oor die aanstoot wat dit gegee het,” het Dove gesê.
Wynlandgoed-moord: Só het dit gebeur, sê staat
ʼn Ter plaatse ondersoek sal Maandag op die Spier-wynlandgoed plaasvind.
Waar het Ross Cronje dié slegte gewoonte aangeleer?
Nou sit die Springbok-keurders met ʼn nuwe kopseer.
ʼn Geveg om den dode…
Die ANC se politieke proses het ineengestort en sy kern het losgeskeur. Al word die ANC se leierskapskonferensie uitgestel, gaan dit nie die uiteindelike oorlog keer nie.
Polisiebeampte sterf; nóg een gewond in Limpopo
ʼn Senior polisielid is Sondagaand voor sy huis doodgeskiet terwyl ʼn konstabel ernstig gewond is tydens die soektog na die verdagtes.
3 sterf in nóg ʼn aanval op familie
Drie mense is Sondagaand dood in die derde aanval op families die afgelope week in KwaZulu-Natal.
2 volwassenes, 2 kinders sterf in botsing
ʼn Man, ʼn vrou en twee kinders is dood en ses ander mense beseer toe ʼn bussie en ʼn motor Sondagaand op die N14 buite Upington in die Noord-Kaap gebots het.
Aros vestig internasionale bande met toer
Met die talle openbare universiteite in Suid-Afrika is die mark en kennis van private hoër onderwys beperk en Aros het om die rede besluit om die volgende paar jaar bande te bou met wêreldklas private universiteite in Noord-Amerika.
Padtoets: Prakties hoef nie duur te wees…
Mahindra se produkte is uiters gewild en hulle het onlangs ʼn hele paar nuwe produkte bekendgestel, waaronder die TUV300.
Twee tieners steeds soek
Stephan Erasmus en Toni Siebert wat sedert Donderdagoggend vermis word, is steeds nie opgespoor nie.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 9 Oktober 2017
Retief Burger het pas sy jongste enkelsnit, “Oor ʼn duisend jaar”, uitgereik. Hy betree dié week se Top 20.
ANC oor grondeise gekap
Die DA het die ANC daarvan beskuldig dat dié party die oordrag van 1,4 miljoen hektaar grond van regmatige grondeienaars weerhou.
[Foto’s] Orkaan Nate verswak tot tropiese depressie
In Mississippi is die elektrisiteitstoevoer na 10 000 inwoners herstel, maar 4 800 is steeds sonder enige elektrisiteit. Meer as 1 000 mense het by skuilings aangeklop.
Wladimir Poetin – die Russiese kragreus teen die Weste
Tans is Poetin Rusland en Rusland word gedefinieer deur Poetin. In die Russiese mentaliteit wat ʼn sterk leier aan beheer wil sien, kan ʼn mens kwalik insien dat ʼn ander leier Russiese belange beter sal beskerm as Wladimir Poetin.
Transaksies by Eskom ‘moet onafhanklik ondersoek word’
“Die geld wat Eskom nou van hierdie twee maatskappye terugeis is moontlik net ʼn druppel in die oseaan. Dit is moontlik dat hierdie maatskappye baie meer deur onwettige betalings ontvang het.”
[Resep] Yskoffie
As jy nie van roomys en geklopte room hou nie is hierdie nié die drankie vir jou nie. Maar wanneer die temperatuur styg na 35 °C mag dit dalk net die tyd wees om ʼn lekker yskoffie te geniet!