Die wenner van die R10 000 in Afrikaans.com se kompetisie, “Hoe lyk Afrikaans in jou dorp?” is bekend gemaak.
Alles vir Dinsdag 10 Oktober 2017
Steve Hofmeyr vereer: ‘Ek glimlag omdat ek hier is, gedra, verdra word’
“Ek glimlag heeldag omdat ek nog hier is, ná 30 jaar nog kreatief is en deur die publiek gedra en verdra word.”
[Foto’s] Padtoets: Die beste een is die goedkoopste een…
Dié Kia is ’n groot sportnutsvoertuig wat jy vir minder geld kan koop as van die ander kompakte sportnuts-voertuie. Hoe op dees aarde? Eintlik is dit eenvoudig, skryf Brendon Staniforth.
[Foto’s] Verwoestende brande eis lewens
Volgens berigte woed minstens 14 brande oor agt provinsies.
Bloem-handelaar helder oordag beroof
Vyf voertuie is Maandag helder oordag tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn motorhandelaar in Bloemfontein gebuit.
[Foto’s] Opruimingswerk in Mpumalanga ná storm
“Ek weet eintlik nie waar om te begin verduidelik nie. Dis soos iets uit ʼn fliek.”
ʼn Mens se ouers
Een oggend besef jy jou ouers is nie meer dieselfde nie. Hulle is daar, maar ook nie heeltemal nie. Geleidelik het jy deur die jare gesien hoe hulle liggame verander… skryf Juliana Coetzer. Sy gee raad aan kinders wie se ouers ouer word.
Gevangene buite hof doodgeskiet
Die voorval word deur die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) ondersoek.
[Video] Sangers vereer by Afrikaans is Groot se 10de verjaarsdag
“Dis ʼn groot voorreg. Ek stap die pad al tien jaar saam met Afrikaans is Groot en sou dit saam met niemand anders wou doen nie – dié funksie is soos ʼn familiebyeenkoms.”
Betogers maak weer amok in Lichtenburg
“Daar is onbevestigde gerugte dat ʼn betoger glo deur ʼn motoris doodgeskiet is. Daar is ʼn groot polisieteenwoordigheid na die dorp ontplooi en die situasie is gespanne.”
Eers Katalonië, nou kom Venesië en Lombardye aan die beurt
Die afloop van die Katalaanse referendum wat heel moontlik op ’n eensydige onafhanklikheidsverklaring sal uitloop, en die Spaanse regering se gewelddadige reaksie op die referendum self, het Europese politieke filosowe aan die herbesin oor wat die woord “demokrasie” beteken.
Vermiste tieners saam gevind
Stephan Erasmus (17) en Toni Siebert (17), die twee tieners van Pretoria wat sedert Donderdagoggend vermis was, is gevind.
[Foto’s en video’s] Storm saai chaos in Durban
Paramedici in KwaZulu-Natal moes Dinsdagoggend bontstaan nadat dele van die provinsie deur donderstorms getref is.
[Foto’s] BMW se Pure and Crafted-fees nou groter en beter
Vir die motorfietsgeesdriftiges was daar 30 van die mooiste antieke BMW-motorfietse uitgestal, en die nuwe BMW 310 was beskikbaar vir toetsritte. Mattie Griffin, ʼn professionele toertjieryer, het die skare kom vermaak op sy doelgemaakte motorfiets.
Man voor vrou doodgery
ʼn 27-jarige man is Dinsdagoggend voor sy vrou in Heidelberg in Gauteng doodgery.
KPMG stel nuwe bestuurspan aan
KPMG Suid-Afrika het ʼn nuwe uitvoerende span bekend gemaak in ʼn poging om die publiek se vertroue in die ouditfirma te herstel.
Nóg ʼn internasionale toekenning vir plaaslike film
Die fliek het die toekenning vir beste verhalende rolprent by die Montreal International Black-filmfees gewen.
Vroue se skenking hou meisies in die skool
ʼn Duisend tienermeisies sal in 2018 nie ʼn dag skool hoef mis te loop nie, te danke aan die ruimhartige skenking van die vroue wat vanjaar se Worthy Woman-konferensie bygewoon het.
[Boek] Krappie en die kroon
Die koning van die krewe se kroon is weg en Krappie is in groot moeilikheid.
Lesersbrief: Die Pannekoektannie word mondig
“Om vir 21 jaar lank pannekoeke te staan en bak, sit nie sommer in enigeen se voorskoot nie. Altesaam 21 jaar in ʼn treiler is ʼn leeftyd van wind en weer, van hittige somers en koue winters.”