“Ek het letterlik gehoor hoe my pa deur ʼn gat in sy bors asemhaal. Ek het regtig gedink ek gaan nie my pa weer sien nie.”
Alles vir Woensdag 11 Oktober 2017
Sakeman weer in hof ná moord op ma
Hy word ook aangekla van die moord op sy vrou terwyl niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die moord op sy pa nie.
Gewilde TV-man spog met dubbelalbum
“Die storievertellings op die album sal jou laat lag, maar jou ook die nostalgie aanroer en jou laat vergeet van elke liewe een van jou probleme. Dit weerspieël die nostalgie en waarde van storievertel in Afrikaans op sy beste.”
Wynlandgoed-moord: ‘Sy was porseleinwit en koud’
“Terwyl ek druk op haar bors toegepas het, het haar neus begin bloei en ek het gedink daar is dalk hoop aangesien ek gedink het haar hart het dalk weer begin pomp.”
Man gee homself oor ná 15-jarige se skietdood
Peet du Plessis, die man se regsverteenwoordiger, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy kliënt, ʼn inwoner wat buite die dorp bly en in die boubedryf is, is in aanhouding by die Lichtenburg-polisie.
Kry só die poskantoor se digitale posbus
Die digitale posbus sluit ʼn geënkripteerde stoorfasiliteit in waar belangrike elektroniese dokumente veilig bewaar kan word. Dit het ook ʼn veilige betaalopsie sodat kliënte met dieselfde stelsel rekeninge kan betaal.
[WEN] ‘Houtkruis’-musiekblyspel terug op die planke
Die immergewilde musiekblyspel Houtkruis is eersdaags weer op die planke te sien by die Choose Life-kerk in Moreletapark, Pretoria.
Vervaardiging by Toyota-aanleg gestaak ná storm
Kyk hier na ʼn video van die oorstroming by die Toyota-vervaardigingsaanleg.
Vandag se sportnuus
Krieket Suid-Afrika het aangekondig dat die eerste uitgawe van die T20 Global-Liga uitgestel is.
Resep-video: ‘Romany creams’
Hierdie koekies is heerlik en bros. Verdubbel sommer die resep as jy vir die vakansie wil koekies bak!
Katalonië: Wipplank van emosie en rede
Die afgelope tyd was die Spaanse provinsie Katalonië en sy regering sterk in die nuus met die plan om die streek eensydig te laat afskei. Wat is die samespel van emosie en rede hier, en hoe is dit van belang vir Suid-Afrika en die Afrikaners?
Lesufi bekommerd oor skade ná storm
“Ons werk tans saam met die beheerliggame, die gemeenskap en ander aandeelhouers om tydelike akkommodasie vir die leerders by buurskole en kerke te reël. Ons wil graag om verskoning vra vir ons leerders, onderwysers en werknemers van die skole vir die ongerief.”
‘RTIA-baas se reuseverhoging is skandelik’
Die verhoging van 96% wat die hoof van die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) gekry het vir die bestuur van ʼn “falende Aarto-stelsel” is ten skerpste veroordeel deur sommiges.
Voetganger op hoofweg doodgery
“Toe ons paramedici omstreeks 17:46 by die toneel opdaag, het die man in die vinnige baan van die hoofweg gelê.”
Internasionale Veldtog vir die Afskaffing van Kernwapens verower Nobelprys vir Vrede
Met die toekenning wil die Nobelkomitee, wat die prys toeken, weer die aandag vestig op die gevaar van kernwapens en die voortgesette stryd om die wêreld vry van kernwapens te maak.
Gedagte vir die dag: Die genesende krag van vergifnis
Wees vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het. (Efesiërs 4:32)