Hoekom sou ʼn Springbokhulpafrigter die pad vat om ʼn provinsiale of klubspan oorsee te gaan afrig?
Alles vir Donderdag 12 Oktober 2017
Ope brief aan die nuutverkose leier van die ANC
Hierdie skrywe is ʼn ope brief aan die verkose leier waarin Jannie Pelser vra dat die toekomstige nuutverkose leier van die ANC eerlik oorweeg of hierdie amp inderdaad op sy/haar weg gelê is.
Katalonië se pad na staatskap is steil (en Spanje weet dit)
Katalonië se pad om ʼn onafhanklike staat te word is met vele massiewe dorings besaai.
Hier is SA se gesondste stede
Mense se gesondheid is gemeet op grond van gewig, hul vrugte- en groenteinname, hul sout- en suikerinname en hul kosaankope-gedrag.
[Foto’s] Kalifornië-brande: Dodetal styg skerp
Pres. Donald Trump het Kalifornië Dinsdag as ʼn rampgebied verklaar na aanleiding van die verwoestende brande wat oor agt provinsies gewoed het.
Nuuskommentaar: Plaasaanvalle sonder ophou, maar kop bo water gehou
Volgens die TLU SA het die landboubedryf met 22% gegroei terwyl die res van die land ’n resessie beleef. Dié prestasie is te midde van ’n droogte en ’n verbysterende rits wrede plaasaanvalle behaal. Steeds stamp die regering koppe oor of daar genoeg gedoen word om plase teen plaasaanvalle te beskerm.
Vandag se sportnuus
In die Curriebekerreeks word die laaste rondomtalie-wedstryde komende naweek gespeel en die Moto GP van Japan se eerste oefenrondes word môre gejaag.
11 vas ná geweld oor Gupta-myn
ʼn Raadslid is onder die 11 mense wat Woensdag in Tigane naby Klerksdorp in hegtenis geneem is in verband met ʼn gewelddadige betoging oor die Gupta-familie se Shiva-uraanmyn.
Esidimeni-tragedie: ‘Ons is jammer’
Families van die oorledenes het hardop gesnik terwyl Mosenogi gepraat het. “Ek weet julle moet steeds genees. Ek moet self ook nog genees.”
Man op lughawe vas oor miljoene rande kontant
Die man, glo ʼn inwoner van Pietermaritzburg, was op pad om ʼn vlug na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), te haal.
Gedagte vir die dag: Die kenteken van ’n Christen
Leef ’n lewe van liefde soos ook Christus ons liefgehad het deur Homself vir ons oor te gee as ’n lieflike reukoffer aan God. (Efesiërs 5:2)