“Die kabinetskommeling het niks daarmee te doen om die regering meer effektief te maak en die mense van ons land te dien nie. Inteendeel, Jacob Zuma steek oënskynlik sy kritici in die pad.”
Alles vir Dinsdag 17 Oktober 2017
“Hier volg die Springbokspan …”
Dit was een van die hoogtepunte van die jaar, die aankondiging van die Springbokspan.
Spesiale radiostasie vir kinders deur kinders
Die Rooikruis-kinderhospitaal in die Wes-Kaap se radiostasie vir kinders wat deur kinders aangebied word, die eerste van sy soort, tref binnekort die klankgolwe.
Sassa sê oor verval van kaarte
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het ontvangers van maatskaplike toelae gerusgestel oor die verval hul Sassa-kaarte.
Worstel jy of jou spruit met uitbranding?
Sukkel jou kleuter met moegheid, lusteloosheid, asosiale gedrag en chroniese of herhalende infeksies? Hy kan dalk ʼn slagoffer van uitbranding wees.
[Foto’s] Dié Porsche is hemel op aarde
Diegene wat brandstof in hul are het, hetsy dit wiele of propellers het – of met petrol, diesel of elektrisiteit werk – het ’n voorkeur… ’n Droommotor. Porsche is een van handelsmerke, skryf Brendon Staniforth.
Liggaam in natuurreservaat gevind
Dit is onduidelik hoe die vrou se liggaam op die strand in die natuurreservaat beland het.
Die probleem met weermag-polisiëring
Ons kort nie ʼn oorlog teen misdaad en dwelms nie. Ons kort oplossings vir ernstige sosiale probleme. Ons kort ʼn staat wat sy rol vervul voordat hy dit hoegenaamd oorweeg om sy eie mandaat verder uit te brei.
Uitdrukking: stapelgek wees
Waar kom die uitdrukking “stapelgek wees” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
ʼn Hartseerdag vir die Vrystaat Cheetahs
Die Vrystaatse rugbybase probeer wal gooi en die vure doodslaan om nie hul betaalmeesters te ontstel nie – maar hulle hoef nie, want daar is geen ander uitweg nie.
Nuwe app gee Afrikaanse musiek ‘n hupstoot
‘n Splinternuwe musiekstroom-app, JOOX, is nou ook propvol Afrikaanse treffers. Baie van dié Afrikaanse musiek is eksklusief op die app beskikbaar.
DBV wil Modise privaat vervolg
“Dit is een van die wreedste gevalle van dieremishandeling wat die NDBV nóg gesien het.”
Tekenprent: Gerrie Nel vervolg ‘n Zuma
Duduzane Zuma, seun van pres. Jacob Zuma, blyk al weer in die sop te wees en dié keer het AfriForum se private vervolgingseenheid en sy hoof, adv. Gerrie Nel, hul visier op hom ingestel.
Ouers verpletter ná dogter sterf, ander dogter om lewe veg
ʼn Verpletterde egpaar van Pongola “klou verbete vas aan hul geloof” nadat een van hul “lieflingdogters” dood is en hul ander dogter steeds om haar lewe veg in ʼn hospitaal.
10111-staking ‘is onbeskermd’
“Ons het na die minister toe gegaan, [maar] hy het nie tyd vir lede nie. Hy is besig om te twiet, hy is besig op Facebook.”
Gerrie Nel pak ʼn Zuma in eerste saak
Dit is egter nie gerugte van sy betrokkenheid by staatskaping of sy goeie verhouding met die Gupta-broers wat Gerrie Nel op sy spoor het nie.
Nog ʼn kabinetskommeling aangekondig
Pres. Jacob Zuma het Dinsdag onverwags nóg ʼn skommeling in die kabinet aangekondig.
Skade aan KZN-hospitale beloop miljoene
Die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal het die omvang van die skade aan hospitale en klinieke in die provinsie ná verlede week se storms bepaal.
R160 000 vir halfgerookte sigaar
Wat koop mens vir iemand wat alles het? Een welgestelde koper het $12 000 (ongeveer R160 000) vir ʼn halfgerookte sigaar opgedok by ʼn onlangse veiling.
Gewilde TV-man kry die jawoord
“Ek is verloof aan my beste vriendin! Dankie dat jy alles so spesiaal maak en [ook] vir ʼn great naweek weg saam met jou. [Ek is] baie lief vir jou! Ek sien uit na ons lewe saam.”