“Ons hoop die vonnis kan die familie wat hul geliefdes op so ’n wrede wyse verloor het, afsluiting gee.”
Alles vir Woensdag 18 Oktober 2017
Mans met olifanttande betrap
Vier mans is Dinsdagaand in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat beweerde onwettige olifanttande in hul besit gevind is.
Bejaarde Vrystaatse vrou erg aangerand
Die bejaarde vrou het haar plante natgelei toe sy deur ’n man met wie sy vroeër die dag gepraat het oorval en in die huis ingedwing is.
[Foto’s] SA’ner wen gesogte toekenning met skokfoto
Kyk ook hier na van die ander foto’s wat met toekennings weggestap het.
Gewilde Amerikaanse duo binnekort in SA
Die gewilde musiekgroep gaan in Kaapstad, Johannesburg en Krugersdorp te sien wees.
Pretoria-ampswoning is in die mark
Die huis spog onder meer met vyf slaapkamers met twee en suite-badkamers, twee aparte volbadkamers, ʼn ingangsportaal, eetkamer, sitkamer, woonkamer, familiekamer en studeerkamer.
Oud-Eskom-hoof: ‘Ek is aangesê om Gupta-broer te ontmoet’
“Hy het die vergadering gereël waarvan ek deel was; dit was ʼn baie vreemde vergadering.”
Vereniging bring hulde ná Pta-kunstenaar sterf
Die Pretoria Kunsvereniging hou eersdaags ʼn afskeidgeleentheid ter nagedagtenis aan die kunstenaar Rudolph Vosser (52) wat verlede week dood in sy huis in Brooklyn aangetref is.
Die goue jare van Curriebekerrugby
Daar is min dinge in rugby wat deur die jare die belangstelling maande lank só geprikkel het soos die Curriebekerreeks – en dan is die eindstryd daar.
Dit is hoe Clover Mama Afrika armoede aanpak
“Hierdie vyf mammas het gesamentlik meer as 100 mense in diens en toon werklik die rol wat ʼn individu kan speel om verligting van armoede in Suid-Afrika te verseker.”
[Foto’s] Die krimpvarkie wat gaan kamp het
Azuki is ʼn klein krimpvarkie van Japan wat groot avonture beleef en dit met meer as 180 000 Instagram-volgelinge deel.
Blou Bul-Curriebekerwenner oorlede
Een van die Blou Bulle wat die Curriebeker in 1973 teen die Vrystaat gewen het, is Maandag in Pretoria oorlede.
[Foto’s] Bekendstelling: Dié Range Rover is mos luuks
Ek glo dat die Range Rover een van dié mees volmaakte karre in die wêreld is. Daar is min wat sulke weelde en vermoë kan bied. Range Rover het die resep vir die luukse veldryvoertuig geskryf, skryf Brendon Staniforth.
Talle mor oor Adé van Heerden se mej. Wêreld-uitrusting
Die skoonheid het vandeesweek opslae op sosiale media gewek toe sy haar uitrusting vir die tradisionele afdeling bekend gemaak het.
Gaan Fatah en Hamas se ooreenkoms hou?
In die Gasa-strook waar die terreurbeweging Hamas sedert die burgeroorlog tien jaar gelede alleen die septer swaai, word daar feesgevier nadat ’n gesamentlike regeerakkoord met Fatah in Egipte gesluit is.
Voetspoor lei tot rower se ondergang
Puik speurwerk het daartoe gelei dat drie rowers skuldig bevind is skaars drie maande nadat hulle ʼn 90-jarige vrou in ʼn huis in ʼn gewilde kusdorpie in die Oos-Kaap beroof het.
Vrou op balkon wat ineenstort ná ongeluk
Twee voertuie het gebots wat tot gevolg gehad het dat ʼn balkon ineengestort het.
NRO maak kapsie teen Esidimeni-verslag
“Ek dink hul dood het plaasgevind weens al die frustrasie om van bakboord na stuurboord gestuur te word. Dit het te veel geword.”
#geeREG: Beveg armoede eerder só
Deel van die oplossing is om nie vir mense geld te gee wat hulle sterk in hul kwaad nie. As jy iemand bly voorsien van lewensmiddele, weerhou jy hulle van onafhanklikheid. Jy dink jy doen goed, maar jou geld hou iemand eintlik onder.
Wat nou gemaak met die bevindinge oor Ahmed Timol se moord?
“Hou op om die struggle voor te stel as ʼn stryd tussen diegene met ʼn pikswart siel (die Timol-moordenaars) en die dapper stryders vir vryheid en demokrasie in ʼn regverdige oorlog. Daardie soort ding bestaan nie. Geweld tas álmal – die goeies én die slegtes – aan.”