Die derde wedstryd in die laevlak-eendagreeks Sondag teen Bangladesj in Oos-Londen was net nog ʼn antiklimaks en het boonop ook ʼn laagtepunt vir die tuisspan opgelewer.
Lees meerAlles vir Sondag 22 Oktober 2017
Man op Balfour-plaas geskiet
ʼn Man is Vrydagaand glo sonder enige waarskuwing geskiet toe hy by sy huis op ʼn plaas in die Balfour-distrik in Mpumalanga ingestap het.
Nóg ʼn aanklag van seksuele aanranding by Gauteng-skool
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, het gesê hy het met hartseer van die jongste voorval verneem.
Esidimeni-tragedie: Voormalige LUR ‘moet gedagvaar word’
Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, kan gedagvaar word om tydens die Life Esidimeni-arbitrasieverhore te verskyn noudat daar vasgestel is dat sy aan die London School of Economics and Political Science (LSE) studeer, het die DA Sondag gesê.
Drie sterf in skietgeveg met polisie
“Twee ander verdagtes kon daarin slaag om te voet te vlug.”
Oorsaak van vermiste stappers se dood bekend
Die paartjie het op 28 Julie vermis geraak nadat hulle in die park gaan stap het en nooit na hul gastehuis teruggekeer het nie. Hul liggame is op 15 Oktober in ʼn steil kloof gevind.
Mugabe nie meer WGO-ambassadeur ná herrie
Zimbabwiese president Robert Mugabe is van sy pos as welwillendheidsambassadeur van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) onthef nadat dié aanstelling wyd opslae gemaak het.
Boere help ‘transitorowers’ vastrek
Vyf vermeende transitorowers is Saterdag met behulp van boere in die Vryburg-omgewing in Noordwes vasgetrek.
Buit teruggevind kort ná rowers op plaas toeslaan
ʼn Voertuig en ander items wat Sondagoggend op ʼn plaas tussen Steelpoort en Burgersfort in Limpopo gesteel is, is kort ná die voorval teruggevind.
Gauteng-onderwys sit met ‘finansiële krisis’
“Ons is onder abnormale finansiële druk. Ons herroep rekenaartablette en slegs matriekleerders sal hulle voortaan ontvang weens finansiële moeilikheid.”
Waarskuwing vir donderstorms uitgereik
Die waarskuwing is gerig nadat reën Saterdagnag op verskeie plekke in die land geval het.
Tiener vas ná mislukte transitorooftog
Die tienerseun is by die nabygeleë taxi-staanplek aangetref waar hy op die grond lê met skietwonde aan sy lyf en ʼn gelaaide handwapen naby hom.
Ontvoerde Pta-sakeman steeds vermis
Die sakeman se uitgebrande motor is die dag nadat hy verdwyn het naby Erasmia gevind.
Seun (6) skiet 3-jarige broer in kop
Dit is nie duidelik waar die kinders se ouers was of hoe die kinders toegang tot die vuurwapen gekry het nie.
Opgraderings aan premiershuis verdedig
Die KwaZulu-Natalse departement van openbare werke het teruggekap ná mediaberigte dat R32 miljoen gebruik is om opgraderings te doen aan Willies Mchunu, die provinsiale premier, se huis in Pietermaritzburg.
Met arrogansie kan jy jou vingers verbrand
Arrogansie is een van daardie woorde wat die All Blacks die afgelope paar jaar vermy het, en tog het dit die afgelope ruk in hul sêgoed en verklarings begin insluip.
Reisigers gewaarsku ná uitbreking van dodelike plaag
Volgens mediaberigte het die plaaslike departement van gesondheid Saterdag gesê die plaag het reeds die lewe van 107 mense geëis.
Pakslae tuis nou onwettig
Lyfstraf in skole is al vroeër onwettig verklaar, maar daar is nog nie voorheen ʼn regsuitspraak gelewer oor volwassenes wat binne ʼn gesin kinders ʼn pak slae gee nie.
Jong seun verdrink in rivier
Reddingswerkers het die seun op die bodem van die rivier aangetref en daarin geslaag om hom na die oewer te bring.
Man vas ná ma, kinders in brand sterf
Die polisie se voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die vrou se 44-jarige vriend gesien is toe hy ʼn paar minute voor die brand met ʼn bussie by die huis stilgehou het.