Wim en Kevin word teen hulle sin by ’n gevaarlike onderwêreld ingesleep.
Alles vir Maandag 23 Oktober 2017
[Boek] Koms van die motman
Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat.
Duiker in see by Kaapstad vermis
ʼn Duiker word vermis nadat hy en sy broer Sondag in die see by Bantrybaai in Kaapstad gaan duik en hy nie weer uit die water te voorskyn gekom het nie.
Matriekeksamen skop vandag af
Die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen skop Maandag landwyd af met vraestelle vir nie-amptelike tale wat vandag geskryf word.
Polisieman tydens inhegtenisneming vermoor
ʼn Polisiebeampte van Limpopo is Sondagmiddag in Louis Trichardt vermoor toe hy ʼn gewelddadige verdagte in hegtenis probeer neem het.
Finansiesminister se mediumbegroting sal moet oortuig
Die minister het ʼn moeilike taak op hande. Hy moet alle Suid-Afrikaners, die kredietgraderingsagentskappe én internasionale markte verseker dat die land steeds op die regte pad is.
Gedagte vir die dag: Getuig van Jesus
God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. (Kolossense 1:27)