“Ek dink sy het een van die inbrekers aan sy arm beetgekry en hy het haar herhaaldelik met ʼn mes gesteek.”
Alles vir Dinsdag 24 Oktober 2017
Uitdrukking: ʼn Man van sesse klaar
Wat beteken die uitdrukking “‘n man van sesse klaar” en waar kom dit vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Vrou skuldig aan gru-moord
Die slagoffer se liggaam is langs ʼn pad aangetref en van haar ledemate is verwyder.
Nog geen inhegtenisnemings ná vlaag plaasaanvalle
In die jongste aanval is Joubert Conradie vanoggend in die vroeë oggendure dood nadat hy op ʼn plaas in die Klapmuts-omgewing naby Stellenbosch geskiet is.
Boek van die maand (resensie): ‘Die laksman se dogter’ deur Gerda Taljaard
Dit was die voorblad wat my die boek laat nadertrek het. Met die hoop dat die boek iets van dié noukeurige komposisie sal kan volhou. Wat wel die geval is, en wat die leser wat agter die storie aanlees beloon sowel as dié een wat wil talm in die teks, skryf Johan Myburg.
Boer op Wes-Kaap-plaas doodgeskiet
Joubert Conradie (47), ʼn pa van twee en boer van die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl, is Dinsdagoggend ná ʼn aanval op sy plaas dood.
Edik van Nantes nou op Showmax: Goeie kos, goeie geselskap
Nataniël sluit by sy broer, Erik le Roux, aan in Nantes aan die Loire-rivier, Frankryk in die program, Edik van Nantes.
Transformasie vermom as akkreditasie
In die tyd wat die Reformasie van vyf eeue gelede herdenk word, is ʼn oproep vir gewetensvryheid en ruimte aan die onderwys om akademies getrou en vir die gemeenskap (nie die sentrale beplanners se doelwitte nie) opgestel en uitgevoer te word, baie gepas.
Van Wyk en Gates trek die aandag in Japan
Coenie van Wyk en Shane Gates is hoog op die lysie Suid-Afrikaners wat die aandag in die jongste ronde van die Japanse Topliga getrek het.
10 skitterende swembaddens vir die somer
Die somer is hier en dit beteken dis weer tyd vir swem, sonbaai, stap op die strand en smul aan draairoomys. Hier is ’n paar bobaas-blyplekke met skitterende swembaddens waar jy dié snikhete somer alte lekker kan afkoel.
Gigaba se geloofwaardigheid getoets in mini-begrotingsrede
Daar sal ook groot belangstelling wees in hoe Gigaba beplan om die finansies van sukkelende staatsbeheerde ondernemings soos Suid-Afrikaanse Lugrederye (SAL) te versterk.
Motorfietsryer sterf toe hy teen vragmotor bots
Die liggaam van die bestuurder is twee meter weg van die wrak aangetref.
Misdaadstatistieke: Moord, kapings neem toe
Fikile Mbalula, minister van polisie, het Dinsdagoggend die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak.
[Resep] Een-eier-omelet
Eiers kan op soveel maniere gebruik word en dis beslis nie net bedoel vir gebak en ontbyt nie.
Luister: ‘Elke liriek het betekenis,’ sê Sharoney oor nuwe musiek
“Ek dink nie ek het ooit gedink dat ʼn tweede album in aantog is nie; veral nie só vroeg nie. Ons moes in ʼn kort tydjie al die musiek regkry – maar dit was wonderlik hoe dit gebeur het en ek is dankbaar om reeds ʼn tweede album op die rakke te hê.”
Beraming van skade ná Durban-storm bekend gemaak
Tot 60 wyke en 3 112 huishoudings is geraak deur die verwoestende storm wat op 10 Oktober in Durban gewoed het.
Gaan daar skokke in die Springbokspan wees?
Daar sal noodgedwonge ʼn hele paar nuwelinge in die Springboktoerspan ingesluit moet word vir die komende Europese toer, maar so ook dié van hul teenstanders, Ierland, Frankyk, Italië en Wallis.
[Foto’s] Dié KTM sorg vir onstuitbare avontuur
Toe ryers gekla het dat KTM 1190 te veel krag het, was KTM se oplossing ʼn grynslag, ʼn groter enjin en nog meer krag! En dié monster se naam? Die KTM 1290 Superadventure R.
Nuuskommentaar: Links, regs, links, r….?
Verkiesingsuitslae in verskeie lande bevestig skynbaar ’n swaai na regs. Maar is dit ’n vaste verskynsel of deel van die pendulum se periodieke swaai van links na regs, en dan weer omgekeerd?
Versteekte pêrels in die Paarl
Ek en Gerrit sit onder die reusagtige akkerboom en kyk na ons seuns wat die akkers en blaarbote stroom-af laat dryf… skryf Carina Stander en vertel meer oor hul besoek aan die Paarl.