Scopa (die staande komitee oor openbare rekeninge in die parlement) het gesê hy is besorg oor die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) se gereedheid om teen 2018 ʼn nuwe diensverskaffer aan te stel om die betaling van welsynstoelae te behartig.
Lees meerAlles vir Woensdag 25 Oktober 2017
Verdagte vas oor OR Tambo-rooftogte
ʼn Vyfde persoon is in hegtenis geneem in verband met slagoffers wat na bewering van OR Tambo Internasionale Lughawe agtervolg is.
87 kinders gemolesteer: Wag laat vaar borgtog
Die 57-jarige veiligheidswag wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn groot groep leerders by ʼn laerskool in Soweto seksueel aangerand het, het Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn.
Tesourie verwag R3,9 miljard uit verkope van Telkom-aandele
Die nasionale tesourie verwag dat hy R3,9 miljard sal ontvang deur ʼn gedeelte van sy Telkom-aandele te verkoop om die kontant te kry wat die SA Lugdiens benodig.
Zuma laat vaar aansoek oor staatskapingverslag
Pres. Jacob Zuma se regspan het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof sy aansoek om die regstellende stappe in die voormalige openbare beskermer (OB) se staatskapingverslag te hersien, laat vaar.
DG se skorsing tersyde gestel
Die Pretoriase hooggeregshof het Woensdag die skorsing van Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van binnelandse sake, tersyde gestel, omdat die minister nie enige mag gehad het om hom te skors nie.
Mini-begroting: ‘Meer belasting SA se voorland’
“Ek dink nie mense besef in presies hoeveel moeilikheid hierdie land is nie,” het die ekonoom Dawie Roodt gesê. Lees sy en ander ekonome se reaksie op die mini-begroting hier:
ToekomsVenster: Stukkende gesinne
O Here, ons bid vir die huisgesinne in ons land, vir die pa’s en die ma’s, die oupas en die oumas, al die kinders. Ons bid veral vir dié wat baie swaarkry, vir die duisende grootmense en kinders wat aan geweld blootgestel word. Maak ons stukkende gesinne weer heel!
Pa hou dogter as seksslaaf aan; verwek 8 kinders
ʼn Hooggeregshof het Woensdag gehoor dat dié man sy dogter reeds 22 jaar gelede, toe sy 15 jaar oud was, begin verkrag het.
Bylmoorde: Veiligheid van De Zalze onder vergrootglas
Pietersen het aan die hof gesê dat daar tydens ʼn vorige voorval gesien is hoe drie mense toegang tot die landgoed verkry het, maar dat die beeldmateriaal slegs een persoon wys. Volgens Pietersen het die man ʼn panga by hom gehad.
Bejaarde in aftreeoord vermoor
Johanna Petronella van Rooyen (81) se liggaam is teen 8:40 deur bure gevind.
Mini-begroting: Groei afwaarts aangepas, belastingkrisis dreig
Malusi Gigaba, minister van finansies, het Woensdag sy eerste mediumtermyn-begrotingsraamwerk gelewer en ʼn donker prentjie geskets van wat vir die land voorlê.
‘Vandalisme’ lei tot Pta-oorstroming
Vandalisme by die Wonderboom-reservoir in die noorde van Pretoria is die oorsaak van Woensdagoggend se reuse-oorstroming wat tot gevolg gehad het dat mense hul huise moes verlaat het.
Blitsbokke teen Skotte; Tsjegge na Namibië
Die Blitsbokke speel Saterdag teen Skotland in die Assupol-sewestoernooi op Stellenbosch; en die Tsjeggiese Republiek stuur vanjaar die eerste keer ʼn span na die Safland-toernooi op Swakopmund, Namibië.
Luister: Hennie Jacobs is ‘Lyflam’ oor nuwe album
Een van sy mede-akteurs in 7de Laan sing saam met hom ‘n duet op die nuwe album terwyl een van die liedjies ook geskryf is vir een van die karakters.
Vrystaat-plaasmoord: ‘In sy laaste oomblikke was hy alleen’
“My ma wil nie meer lewe nie, sy sien nie kans nie. My pa is verpletterd.”
EFF vertraag mini-begrotingsrede
Die EFF het Woensdag probeer om Malusi Gigaba, minister van finansies, te verhoed om sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk te lewer deur hom ʼn “misdadiger” en ʼn “Gupta-seun” te noem.
[Video] Seun wat in buiteland woon verras bejaarde pa
“Hy het strak na hulle sit en kyk. Die uitdrukking op sy gesig was wonderlik om te beleef – hy kon nie glo wat hy sien nie, hy wou hulle dan nog enkele oomblikke vantevore op Skype kontak. Dit was die uitdrukking van ʼn pa wat régtig na sy seun verlang.”
Ouers ‘hel toe en terug’ ná baba en ouma sterf
“Ek het rondom 08:00 Vrydagoggend weer gebel en gevra hoe dit gaan, en hulle het gevra waar ek is. Ek het gesê ek is op pad hospitaal toe en dat ek op die hoofweg klim, en hulle het gevra hoe lank ek sou neem. Ek het gevra: ‘Hoeveel tyd het ek?’ En toe antwoord hulle: ‘Baie min.’”
Betogers eis vrylating van twee SA’ners in Tanzanië
“Ons eerste prioriteit is om ons bondgenote uit die polisie se aanhoudingselle te kry. Ons wil weet wat die aanklagte en die aantygings is.”