“Daar is ’n beperking op die hoeveelheid inkomste wat die regering uit die produktiewe sektore van die ekonomie kan tap. ’n Beduidende afname in die grootte van die staat is verkieslik bó meer vernietigende belasting.”
Alles vir Woensdag 25 Oktober 2017
Japan: Eerste minister Shinzo Abe wen verkiesing
In die Japanse verkiesing vir die huis van verteenwoordigers het die regerende konserwatiewe Liberaal-Demokratiese Party (LDP) van premier Shinzo Abe ʼn oorwinning behaal.
Man sterf in Vereeniging-botsing
ʼn Man is Dinsdagaand dood en twee mense is beseer nadat twee voertuie in Vereeniging in Gauteng gebots het.
‘Zuma kan nie sy eie regter in staatskapingkommissie aanwys’
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag gehoor pres. Jacob Zuma kan nie ʼn regter van sy keuse aanwys vir ʼn kommissie van ondersoek om staatskapingsbeweringe waarby hy betrek word te ondersoek nie.
Misdaadstatistiek: ‘Dít is al wat die polisie sal regruk’
“In dié boekjaar was daar 2,1 miljoen ernstige misdade. Daarteenoor is daar net 27 000 ondersoekers in die polisie. Hoe op aarde kan net 27 000 speurders soveel dossiere ondersoek en daaraan reg laat geskied?”
Europese referendums: eendag in Suider-Afrika?
In die Noord-Italiaanse streeksreferendums in Veneto en Lombardye het sowat 90% van die kiesers op 22 Oktober gekies vir meer outonomie. Kan dit eendag ook in Suider-Afrika gebeur?
Gedagte vir die dag: Ernstige Christenskap
Julle het mos saam met Christus gesterf en julle lewe is saam met Hom veilig by God weggesteek. (Kolossense 3:3)