Die Nasionale Kredietreguleerder het ʼn voldoeningskennisgewing uitgereik aan Volkswagen Financial Services South Africa omdat die instansie ʼn op pad- fooi, ʼn administrasiefooi en ʼn hanteringsfooi op kredietooreenkomste hef vir motorfinansiering.
Alles vir Donderdag 26 Oktober 2017
Drie vas ná nóg ʼn plaasaanval
Volgens die polisie was die boer buite sy huis toe hy die ses aanvallers gewaar en hulle op hom losgebrand het.
Wie mag besluit oor jou kind se opvoeding?
Staatsbetrokkenheid by skoolbeheer en -bestuur moet tot ’n minimum beperk word en moet in elk geval gebaseer wees op deelnemende bestuur.
SA gewaarsku oor dodelike longpes
“Die plaag kan ’n baie ernstige siekte onder mense wees met builepes wat ’n sterftesyfer van tussen 30% en 60% het terwyl longpes altyd dodelik is indien dit nie behandel word nie.”
Wag in voertuig doodgeskiet
ʼn 33-jarige veiligheidsbeampte is Woensdagaand in Centurion doodgeskiet terwyl hy gewag het vir sy kollega om by hom oor te neem.
Paul Walker se dogter en Porsche skik
Die ontslape akteur Paul Walker se dogter, Meadow (18), het ʼn regsgeding met die motorvervaardiger Porsche geskik, amper vier jaar ná haar pa in ʼn hoëspoedjaagtog dood is.
Geen ondersoek na OB se bevoegdheid gedoen
ʼn Beoogde ondersoek na die geskiktheid van adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), vir haar pos, sal nie meer gedoen word nie.
Nuuskommentaar: Belastingboikot en korrupsie
Die minister van finansies se erkenning dat die omvang van korrupsie in die staat ’n invloed het op mense se bereidheid om belasting te betaal, en so deels vir die groot tekort op die begroting verantwoordelik is, is insiggewend. Gaan korrupsie nou met oorgawe uitgeroei word?
[Boek] Tussen vriende
Will het ’n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjóépstil.
Vandag se sportnuus
Die twee spanne vir die Curriebeker-eindstryd tussen die Haaie en WP word vandag bekend gemaak. Die afskop is om 16:00 Saterdagmiddag in Durban.
Oudlanddros in hof oor ‘slenter’
Magriet Botha (55), ʼn voormalige landdros wat tans as prokureur in Mbombela (Nelspruit) praktiseer, se saak gaan eersdaags na die hooggeregshof verwys word nadat sy in hegtenis geneem is op aanklagte van bedrog, korrupsie en vervalsing.
Vrou swaar gestraf vir gru-moord
ʼn 39-jarige vrou is Woensdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof swaar gestraf vir die ontvoering en gru-moord op ʼn 22-jarige vrou wie se liggaam sonder sommige ledemate aangetref is.
Kommunisme ewe lewendig in 2017 as in 1917
Kommunisme is springlewendig in Suid-Afrika – en elders – in 2017 nes dit in 1917 was, skryf dr. Eugene Brink.
‘Ons moet sigbaar standpunt inneem teen plaasmoorde’
“Die vraag op mense se lippe is: ‘Wat kan ék doen?’”
‘Rommelstatus nou Suid-Afrika se voorland’
“Belastingbetalers moet hulle maar gereed maak vir aansienlike belastingverhogings.”
Sekere regte hoort nie in ʼn grondwet nie
“Dit is belangrik dat ons nou argumenteer vir meer vryheid, minder staatsinmenging en verdere beperking van die regering se magte.”
Gedagte vir die dag: Maak die storm stil
Laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewens die deurslag gee; want as lede van een liggaam is julle tot vrede geroep. En wees dankbaar. (Kolossense 3:15)