Die Toyota Hilux en Fortuner is stapelmodelle vir Toyota, daarom kyk hulle gedurig na hul aanbieding en probeer hul kliënte presies bied wat daarvoor hulle vra.
Alles vir Vrydag 27 Oktober 2017
Veels geluk, RSG!
Die nasionale Afrikaanse radiostasie RSG vier Vrydag sy 80ste bestaansjaar.
Nuuskommentaar: Landbouterreur
Is dit nie tyd dat plaasaanvalle en plaasmoorde ’n kollektiewe en beskrywende naam kry nie? Iets soos landbouterreur? Die werklikheid daar buite praat immers al harder dat dit waarmee die landbousektor te make het, niks anders as terreur is nie.
Tekenprent: Misdaadstatistiek
Fikile Mbalula, minister van polisie, het Dinsdagoggend die jongste misdaadstatistieke bekend gemaak. In Suid-Afrika is die moordkoers 34,1/100 000 en wanneer daar net na plaasmoorde gekyk word, is die moordkoers 156/100 000.
29 vas ná taxi-betoging
Altesaam 29 verdagtes is in hegtenis geneem nadat taxibestuurders Vrydagoggend paaie naby die OR Tambo Internasionale Lughawe versper het.
Doodskis-saak: Twee vandag gevonnis
Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuyzen (28), die twee mans wat in die Middelburg-hooggeregshof skuldig bevind is op verskeie aanklagte in die opspraakwekkende doodskis-saak, word Vrydag gevonnis.
Vandag se sportnuus
Die Proteas en Bangladesj het gister in hul eerste T20-wedstryd kragte gemeet en die Curriebeker-eindstryd tussen die Haaie en WP word môre om 16:00 in Durban beslis en die spanne is gister aangekondig.
Proteas sonder voorste boulers steeds te goed
Vir die krieketfynproewer bly kitskrieket maar ʼn eienaardigheid waar patroon en taktiek op die agterbaan geskuif word, maar Donderdagaand het dit in Bloemfontein weer sy kwota vermaak opgelewer.
Borgtog vir moord – wat kan jy verwag?
Hein Gonzales verduidelik wat sal gebeur indien ‘n persoon in die hof op aanklagte van moord moet verskyn en vir borgtog aansoek doen. Hy verduidelik wat ‘n mens in dié situasie kan verwag:
Taxi’s veroorsaak chaos by lughawe
Taxibestuurders het Vrydagoggend chaos buite die OR Tambo Internasionale Lughawe veroorsaak deur die R21 en R24 met hul voertuie te versper.
China se groot sprong
“Xi het nou egter die doelpale verskuif. In sy toespraak by die CKP se kongres het hy genoem dat China die middelpunt van die wêreld moet word én dat die Chinese polities-ekonomiese model ’n regeringsmodel vir ander lande moet word.”
Malema terug in die hof
“As ek moet tronk toe gaan omdat ek vir julle sê om die grond te vat, dan moet dit maar so wees. Ek wil nie tronk toe gaan vir korrupsie nie, maar ek sal tronk toe gaan vir die grond.”
‘Video wys Panayiotou was betrokke by moord’
“Vumazonke was by die huis minute voordat die oorledene weg is werk toe. Hoe sou hy geweet het? Wie anders sou weet hoe laat die oorledene in die oggende werk toe gegaan het behalwe vir Panayiotou?”
Mediese praktisyns tydens klopjag vasgetrek
Johannesburgse owerhede het tydens ʼn klopjag op ʼn mediese sentrum agt mediese praktisyns in hegtenis geneem.
Hillsdale – die volheid van die wetenskap
“Waarom so ʼn groot kapitaaluitgawe aangaan vir iets wat nie jul kernbesigheid is nie?” wou ʼn lid van ons geselskap weet. “Want dit simboliseer dít waarvoor Hillsdale staan,” antwoord Mark.
Reformasie 500: Vry om jouself te wees
Protestantse Christene vier met Luther 500 meer as die herdenking van 95 stellinge teen ’n kerkdeur. Ons vier die reg op vryheid om jouself te mag wees, diensbaar aan ’n liefdevolle en genadige God.
Gedagte vir die dag: Gebed verander sake
Volhard in die gebed. Bid terwyl julle geestelik waaksaam en dankbaar is. (Kolossense 4:2)